Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   amptelik     amptelike     amptelikes    
Vergrotend   ampteliker      
Oortreffend   amptelikste  

  Woordafbreking

amp•te•lik

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

  1. Deur bevoegde gesag erken; van 'n gesaghebbende bron of outoriteit; uit die krag van 'n amp; offisieel.
  2. Formeel; statig.

     Voorbeeldsinne

  1. Taiwan is tans 'n demokratiese eiland wat amptelik as die Republiek Sjina bekend staan.
  2. Die statige man het ewe amptelik vorentoe getree.

     Verwante woorde

nieamptelik, amptelike

     Vertalings

  Vertalings:   
Duits: amtlich(de)
Engels: official(en)
Nederlands: officieel(nl)