epog
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
epog | epogge |
Etimologie
- Van Grieks epoche, pouse.
- e•pog
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- (sterrekunde) ’n Tydperk waarin die lugkoördinate van ’n hemelliggaam met voldoende noukeurigheid as konstant beskou kan word.
- (geologie) ’n Tydperk op die geologiese tydskaal wat korter is as ’n periode en langer as ’n tydsnede.
Voorbeeldsinne
- In die huidige epog (J2000) het Mars die tweede grootste eksentrisiteit terwyl Venus en Neptunus die kleinste eksentrisiteite het.
- Die Aarde is tans in die Holoseen-epog van die Kwartêre periode.
Vertalings
Vertalings: Sterrekundige tydperk | |||
---|---|---|---|
Vertalings: Geologiese tydperk | |||
---|---|---|---|
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor epog.