funksie
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
funksie | funksies |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
funksietjie | funksietjies |
Uitspraak
-
(lêer)
Woordafbreking
- funk•sie
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- Doel of taak; die spesiale werk wat iets of iemand verrig.
- 'n Sosiale geleentheid of seremonie.
- (wiskunde) 'n Reël waardeur elke element van die definisieversameling met net een element van die waardeversameling geassosieer word.
- (rekenaarwetenskap) Roetine in die bronkode van 'n program.
Voorbeeldsinne
- Die funksie van die lugdraad is om radiogolwe te ontvang. Wat is die nuwe werknemer se funksie?
- Tydens die funksie wat vir die Springbokke en Nieu-Seeland gereël was, het Louis Luyt verklaar dat Suid-Afrika die vorige twee Wêreldbekers sou wen as hulle deelgeneem het.
- Die funksie f(x) = 2x bepaal byvoorbeeld dat vir elke reële getal x die funksiewaarde f(x)=2x dubbel die getal x is.
- Die ontwikkelaar het uitgevind watter funksie vir die fout verantwoordelik is.
Vertalings
Vertalings: funksie | |||
---|---|---|---|
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor funksie.