Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  halogeen     halogene  

  Etimologie

Die voorvoegsel halo- en die agtervoegsel -geen.

  Woordafbreking

ha•lo•geen

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(chemie) 'n Chemiese element in die 17de kolom van die periodieke tabel.

     Voorbeeldsinne

Kenmerkend van 'n halogeen is dat dit 'n elektronkonfigurasie het waarin die p-subskil amper gevul is.

     Hiponieme

fluoor, chloor, broom, jodium, astaat, tennessien

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels halogen(en)
Nederlands halogeen(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor halogeen.