kapitaal
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
kapitaal | kapitale |
Woordafbreking
- ka•pi•taal
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- 'n Groot bedrag; som geld wat iemand besit en waarop rente verdien word.
- Bedrag geld wat vir 'n onderneming of saak benodig word.
- Nie-geldelike bates (soos menslike of kulturele kapitaal).
Voorbeeldsinne
- Die privaat besit van kapitaal oefen 'n belangrike invloed uit op die manier waarop hulpbronne in 'n vryemarkekonomie toegewys en aangewend word.
- Hoeveel kapitaal benodig ons om die onderneming van die grond af te kry?
- Die eerste vorm van erfenis is die erf van kulturele kapitaal (byvoorbeeld spraakstyl, hoër status van sosiale sirkels en estetiese voorkeure).
Vertalings
Vertalings: kapitaal | |||
---|---|---|---|
Byvoeglike naamwoord | |||
---|---|---|---|
Trap | Predikatief | Attributief | Partitief |
Stellend | kapitaal | kapitale |
Byvoeglike naamwoord
Betekenisse
- Betreffende geld en besittings.
Voorbeeldsinne
- 'n Aansienlike kapitale uitleg word benodig om besighede wat werksgeleenthede skep op die been te bring.
Vertalings
Vertalings: kapitaal | |||
---|---|---|---|