skade
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
skade | — |
Woordafbreking
- ska•de
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- Verlies of terugslag wat gely word weens omstandighede buite jou beheer.
- Digterlik vir skaduwee.
Voorbeeldsinne
- Roodepoort is in 1949 deur 'n geweldige orkaan getref wat baie mense dakloos gelaat en geweldige materiële skade aangerig het.
- En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade.[1]
Spreekwoorde
- «Met skade en skande van iets afkom.»
- Geldelik en sedelik ly.
- «Deur skade en skande word 'n mens wys.»
- Mens leer uit onaangename ondervinding.
- «Ver van jou goed, naby jou skade.»
- As jy nie self jou sake behartig nie, moet jy verliese verwag.
Vertalings
Vertalings: skade | |||
---|---|---|---|
Verwysings
- ↑ Winternag | deur Eugène Marais