skop
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
skop | skoppe |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
skoppie | skoppies |
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- 'n Trap met die voet/poot.
- 'n Tipe graaf met 'n hol blad (skopgraaf).
Voorbeeldsinne
- Sy het haar bakkie met skreeuende remme tot stilstand gebring, die rower bygedam, hom 'n gedugte skop gegee en gebulder: "Los my uit!"
- Ma vee die krummels in die skoppie in.
Spreekwoorde
- Nog baie skop hê (nog gereken; aan die gang).
Vertalings
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | skop |
Verlede Tyd | ek | het geskop |
Werkwoord
Betekenisse
- 'n Trap gee; met die voet/poot bydam.
- (figuurlik) Verset; weerstand bied.
Voorbeeldsinne
- Ek het hom nie geskop nie - ek het net gedans en hy was in my pad.
- Die kind skop nog teen die skool se streng reëls.
Spreekwoorde
- Skop soos ’n muil (hard skop).
- Teen die prikkels skop (verset).
Vertalings
Vertalings: | |||
---|---|---|---|