1. Verskillende voëls
Sien ook voel
Enkelvoud Meervoud
  voël     voëls    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  voëltjie     voëltjies  
Hulp:IPA: [fuə̯ɫ]
    
(lêer)
vo•ël
فُوَوِلْ , meervoud: فُوَوِلْسْ
fó-ël, fógel; meervoud: fó-ëls, fógels
  1. Warmbloedige dier wat eiers lê met twee bene en twee vlerke wat met vere bedek is; 'n lid van die klas   Aves in die filum   chordata.
  2. (Geselstaal:) Penis.
  1. Voëls verskil in grootte van klein swaeltjies tot groot voëls soos volstruise en emoes.
«Die vere maak die voël.»
'n Mens word na sy uiterlike geoordeel.
«Een voël in die hand is beter as tien in die lug.»
Kies liewer wat seker is bo die onsekere.
«Elke voël sing soos hy gebek is.»
Elkeen praat en handel maar volgens sy eie aard.
«Hy sit soos 'n voël op 'n tak.»
Sonder 'n vaste woonplek wees.
«'n Ou voël met kaf probeer vang.»
Probeer om 'n ervare persoon te kul.
«Solank die voël vlieg, kan enigeen skiet.»
Solank 'n meisie ongetroud is kan enigeen by haar vlerksleep.
sangvoël
  Vertalings:    voël
Atajal: qhniq
Deens: fugl(da)
Duits: Vogel(de)
Engels: bird(en)
Esperanto: birdo(eo)
Faroëes: fuglur(fo)
Frans: oiseau(fr)
Goties: 𐍆𐌿𐌲𐌻𐍃(got) (fugls)
Indonesies: burung(id)
Italiaans: uccello(it)
Latyn: avis(la)
Masai: emotonyi
Nederlands: vogel(nl)
Pools: ptak(pl)
Russies: птица(ru) (ptitsa)
Spaans: pájaro(es)
Sweeds: fågel(sv)
Taroko: bahani
Tobiaans: karum
Turks: kuş(tr)
Yslands: fugl(is)
Xhosa: intaka
Zoeloe: inyoni(zu)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor voël.