Bespreking:voertsek

Jongste opmerking: 6 jaar gelede deur Jcwf

In die voorbeeldsin Voertsek man! word man as tussenwerpsel gebruik, maar die inskrywing vir man bevat nie 'n definisie vir die tussenwerpsel nie. Kwikstert (kontak) 13:26, 26 Desember 2017 (UTC)Beantwoord

Jy het reg, maar moenie vergeet dat selfstandige naamwoorde altyd so gebruik kan word nie. In talle tale, soos Latyn, Skots-Gaelies of Xhosa kry hulle dan 'n eie vokatief-vorm wat op die bladsy vermeld word. In tale wat geen aparte vokatief het nie, soos Afrikaans, word dit gewoonlik weggelaat, tensy die uitroep sy eie betekenis ontwikkel het. Jcwf (kontak) 13:49, 26 Desember 2017 (UTC)Beantwoord
Terug na "voertsek"-bladsy.