Kersfees
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
Kersfees | Kersfeeste |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
Kersfesie | Kersfesies |
Etimologie
- Samestelling van die Middelnederlandse Kerst, 'n naam vir Christus, en fees. Dus letterlik Christusfees.[1]
Woordafbreking
- Kers•fees
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- 'n Tradisionele herdenkingsdag op die Christelike kalender wat op die vyf-en-twintigste dag van Desember plaasvind om die geboorte van Jesus te vier.
Voorbeeldsinne
- Dit is tradisie om 'n kersboom vir Kersfees te versier.
- Die meeste gebruike rondom Kersfees het eers in die laaste paar eeue gewild geraak en het geen teologiese of liturgiese wortels nie.
Eienskappe
- Die name van openbare vakansiedae en ander feesdae, soos Kersfees, word met 'n hoofletter geskryf.
Vertalings
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor Kersfees.
Verwysings
- ↑ Kerst (Feest Van Christus' geboorte), tymologiebank.nl