Wiktionary:Selfstandige naamwoord: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
Naudefj (Besprekings | bydraes)
Nuwe bladsy geskep met ''n '''Selfstandige naamwoord''' is 'n woordsoort of frase wat na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys. Dit word meestal gekenmerk deurda...'
(Geen verskil)

Wysiging soos op 12:17, 25 Oktober 2017

'n Selfstandige naamwoord is 'n woordsoort of frase wat na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys.

Dit word meestal gekenmerk deurdat hulle in meervoude omgesit kan word deur die byvoeging van 'n agtervoegsel en in sekere gevalle dat hulle 'n geslag kan aandui. Die beste manier om 'n selfstandige naamwoord te identifiseer is om te onthou dat dit meestal iets fisies aandui bv. 'n baksteen. Slegs selfstandige naamwoorde kan in die meervoud geskryf word.

Die maklikste metode wat op skool geleer word om 'n selfstandige naamwoord uit te ken is as volg: As jy 'n lidwoord (m.a.w.) Die of 'n voor die woord kan sit, dan is dit 'n selfstandige naamwoord.

Daar is 5 soorte selfstandige naamwoorde:

Eiename

Name van plekke en mense, dit word altyd met 'n hoofletter geskryf bv. Pretoria, Johannesburg, Pieter van der Merwe.

Versamelname

Dit dui 'n groep soortname aan, bv, 'n swerm bye, 'n skool visse.

Stofname

Name van elemente en stowwe, Bv. goud, koper, lood.

Soortname

Name van soorte en dinge, bv. honde, katte, skape, tafel, eetlepel.

Abstrakte selfstandige-naamwoorde

Name wat dinge beskryf wat ons nie met die blote oog kan sien nie, maar nog steeds 'n lidwoord voor aan kan voeg (o.a. emosies), bv. liefde, haat, ens.