Wiktionary:Selfstandige naamwoord: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
Naudefj (Besprekings | bydraes)
Naudefj (Besprekings | bydraes)
No edit summary
Lyn 5:
Die maklikste metode wat op skool geleer word om 'n selfstandige naamwoord uit te ken is as volg: As jy 'n [[lidwoord]] (m.a.w.) [[die|Die ]] of [['n]] voor die woord kan sit, dan is dit 'n selfstandige naamwoord.
 
== Soorte ==
Daar is 5 soorte selfstandige naamwoorde:.
 
=== Eiename ===
Name van plekke en mense, dit word altyd met 'n hoofletter geskryf bv. Pretoria, Johannesburg, Pieter van der Merwe.
 
=== Versamelname ===
Dit dui 'n groep soortname aan, bv, 'n swerm bye, 'n skool visse.
 
=== Stofname ===
Name van elemente en stowwe, Bv. goud, koper, lood.
 
=== Soortname ===
Name van soorte en dinge, bv. honde, katte, skape, tafel, eetlepel.
 
=== Abstrakte selfstandige-naamwoorde ===
Name wat dinge beskryf wat ons nie met die blote oog kan sien nie, maar nog steeds 'n lidwoord voor aan kan voeg (o.a. emosies), bv. liefde, haat, ens.
 
== Bepaaldheid ==
In Afrikaans kan 'n selfstandige naamwoord bepaald of onbepaald wees. Die lidwoorde "die" en "'n" word gebruik om dit aan te gee:
::Ek sien 'n perd -- onbepaald
::Ek sien die perd -- bepaald
 
In die meervoud word nogtans geen onbepaalde lidwoord gebruik nie:
::Ek sien perde -- onbepaald
::Ek sien die perde -- bepaald
 
In ander tale kan dit anders wees. Daar is tale soos [[Skots-Gaelies]] of [[Grieks]] wat net bepaalde lidwoorde het en daar is ook tale soos [[Latyn]] of [[Russies]] wat heeltemal geen lidwoorde het nie. In hierdie tale bestaan die verskil tussen bepaald en onbepaald glad nie.
 
== Telbaarheid ==
Die meeste selfstandige naamwoorde is telbaar en het 'n meervoud:
 
:Een perd - twee perde
 
Daar is egter ook woorde wat ontelbaar is en wat geen meervoud het nie:
:die melk - <s>die melke</s>
 
In die onbepaalde geval bly hulle sonder lidwoord:
:Ek drink melk.
 
Hulle word dikwels saam met 'n woord gebruik wat 'n hoeveelheid aangee:
:Drink 'n glas melk!
 
In ander tale is daar soms naas 'n enkel- en 'n meervoud ook 'n tweevoud of selfs 'n drie- of weinigvoud.
 
[[Kategorie:Wikiwoordeboek:Grammatika]]