Wiktionary:Oor hierdie projek: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
Naudefj (Besprekings | bydraes)
No edit summary
Lyn 2:
 
==Wat is ons?==
:Ons is deel van ''Wiktionary'' wat 'n stelsel van webwerwe is wat probeer om '''alle''' woorde van '''alle''' tale in '''alle''' tale te beskryf. Hierdie webwerf doen dit in die Afrikaanse taal. Ons is dus 'n stukkie van 'n soort 'altalige' woordeboek. En ja dit is natuurlik taamlik ambisieus, maar as ons die groei van die Franse en later ook die Engelse wiktionary's bekyk, kan dit tog in hoë mate verwesenlik word. (Die Franse een hetwas lank die grootste gewees, maar die Engelse wikti het dit later verbygesteek).
 
:Die Wiktionary-stelsel is 'n onderdeel van die groot stelsel van Wikimedia, wat ook Wikipedia bevat.
 
===Ons werk is leksikografies===
Lyn 15:
:Ons gebruik die ISO-taalkodes hier. Onder die isokode "af" ("afr") word alle Afrikaans verstaan, ook die Afrikaans van byvoorbeeld die Patriot-woordeboek van 1902. Vir Nederlands val onder "nl" (of "nld") alle Nederlands sedert omtrent 1500. Van 1150 tot 1500 val dit onder "dum" (Middelnederlands) en ouer as dit is dit "odt" (Oudnederlands). Vir ander tale geld omtrent dieselfde.
 
:Natuurlik is die '''hooftaal''' waarin ons woorde beskryf die Standaardafrikaans van vandag (2017) en verouderde woorde sal as 'verouderd' aangegeeaangedui word.
 
==Wat is ons nie?==
Lyn 22:
 
===Ons is nie 'n plek om protologimes te skep nie===
:'n Protologisme is 'n woord wat jy self bedink het. Natuurlik het iedere spreker van iedere taal die reg om 'n nuwe woord te bedink en dit gebeur ook gereëldgereeld. Sommige van hierdie protologismes word as neologismes deur ander mense oorgeneem. Ja, jy het die reg om 'n protologisme te skep, maar nie hier nie. Ons beskryf net woorde wat reeds gebruik word orof is. Die rede is dat die meeste protologismes nooit deur ander sprekers aanvaar word nie.
 
===Ons is nie net Suid-Afrikaans nie===
:Afrikaans word ook in ander lande gepraat ofen gestudeerstudeer. Ons lesers (en skrywers) kan ook ander moedertale as Afrikaans het en hierdie webwerf is ook vir mense wat (beter) Afrikaans wil leer.
 
===Ons is nie ensiklopedies nie===
:Natuurlik is daar 'n grysgebied tussen leksikografiese en ensiklopediese beskrywing. Wikipedia begin byvoorbeeld alle artikels met 'n definisie wat taamlik leksikografies genoem kan word. Hier kan soms ook inligtings gebruik word wat ensiklopediese waarde het, maar die doel moet leksikografies bly. Ons gebruik byvoorbeeld die sjabloon {{Tl|spesie}} om 'n skakel na Wikispecies te skep. Die doel hiervan is nogtans leksikografies en nie taksonomies of biologies nie: dit probeer om die definisie van 'n woord eenduidig vas te lê.
 
[[Kategorie:Wikiwoordeboek]]