Wiktionary:Oor hierdie projek: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
No edit summary
Lyn 32:
:Natuurlik is daar 'n grysgebied tussen leksikografiese en ensiklopediese beskrywing. Wikipedia begin byvoorbeeld alle artikels met 'n definisie wat taamlik leksikografies genoem kan word. Hier kan soms ook inligtings gebruik word wat ensiklopediese waarde het, maar die doel moet leksikografies bly. Ons gebruik byvoorbeeld die sjabloon {{Tl|spesie}} om 'n skakel na Wikispecies te skep. Die doel hiervan is nogtans leksikografies en nie taksonomies of biologies nie: dit probeer om die definisie van 'n woord eenduidig vas te lê.
 
==Waarom nie net Afrikaans nie?==
:Die wiki-sagteware is gratis en mens kan dit sommer op 'n bediener laai en 'n wiki begin wat in net een taal is. Daar is reeds talle van hulle. Hoewel hierdie werwe gewoonlik in (net) Engels is, is daar niks teen 'n wiki-webwerf wat net in Afrikaans is nie. Ons s'n het nogtans 'n ander keuse gemaak. Dit het ook groot voordele. Die aantal tweetalige woordeboeke Afrikaans-ander taal of omgekeerd is beperk. 'n Woordeboek Afrikaans-Mongools is byvoorbeeld moeilik om te vind. Ons probeer om Afrikaans met ''alle'' tale te koppel. Hiermee verkry Afrikaans ook sy verdiende plek as een van die tale van die wêreldgemeenskap en word ook bekender en meer toeganklik vir ander mense.
[[Kategorie:Wikiwoordeboek]]