Content deleted Content added
Lyn 54:
 
:Indien jy net die translit vertoon word die skakel rooi en werk ook die skakel na die Russiese wikti nie meer nie. Transliterasies is sekundêre inligtings. Die meeste wikti's vertoon dit glad nie, of nie in die vertalings nie. Maar as jy {{Tl|vert}} wil verbeter: pragtig. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 15:29, 10 Desember 2017 (UTC)
 
== Hoe maklik was dit om 'n tikmasjien (schrijfmachine) in die 1930's-1940's (of selfs later) te bekom? ==
 
Voorspoedige Nuwejaar! (Ja, mens kan dit nog tot einde Januarie sê...)
 
Ek is besig om 'n drama te skryf (wel, ek het immers nie verniet letterkunde studeer nie!) en nou het ek raad nodig. Hoe maklik was dit om 'n tikmasjien te koop? Selfs in die 1960's tot 1980's? Dit is vir my moeilik om vas te stel hoeveel maande se spaar dit sou kos vir die gemiddelde mens om 'n tikmasjien aan te koop. Selfs vir geleerdes. Veral vir geleerdes, stel ek in belang.
 
Volgens ons Eeufeesboeke van die kerke was 'n tikmasjien amper 'n luukse, soos dit my lyk. Ek het met 'n paar van ons seniors gepraat wat wel deur die universiteit was, en elkeen sê teen die 1980's was 'n tikmasjien onder 'n R1 000,00.
 
Volgens [https://www.amazon.de/Tageb%C3%BCchern-Joseph-Goebbels-Unterredungen-Hitler-ebook/dp/B01A22U834 Amazon.de]: "Joseph Goebbels führte seit 1923 durchgehend Tagebuch, die ersten Jahre handgeschrieben, dann diktiert in Maschinenschrift." Maar nou ja, hy was in die bevoorregte posisie om al die land se bronne tot sy beskikking te hê. In Nederland lyk dit my het 'n tikmasjien teen 1936 omtrent tussen f200 en f365 gekos. Volgens hierdie [https://hiveminer.com/Tags/schrijfmachine%2Ctypewriter advertensie van 1913] was 'n tikmasjien 375 Frank in Frankryk.
 
Nou Anne van der Bijl, of Broeder Andrew, skryf hy het van 'n "antieke tikmasjien" gebruik gemaak. Met die ruim skenkings wat hy ontvang het, kon hy seker 'n oertipe bekostig om Godswerk te doen. Maar 'n ander sendeling, Dr. Kurt Koch van Duitsland, het weer in sy boek oor Indonesië (1972 en vroeër) geskryf hoe hy nou heel rustig in Indonesië met 'n tikmasjien sit en skryf. En tog, lees mens die fiksieboek Dracula deur van 1897, skryf Mina wel met 'n tikmasjien (haar eie?). Mina is wel 'n onderwyseres, wat dit nou eers vreemd laat lyk.
 
Dit wil dus vir my lyk of tikmasjiene oor die algemeen, veral in die 1940's, maar ook teen die eeuwending en tot in die 1980's, onbekostigbaar vir Jan Alleman was. Slegs firmas sou hierdie toestel aankoop. Ek neem aan hierdie mense sou dus van snelskrif gebruik gemaak het indien hulle haastig iets moes neerskrywe?
 
Ek kry die idee mens het jou manuskrip geskryf en spesiaal na 'n tikster toe gegaan wat die werk vir jou sou oorgetik het. Hoe was dit in u jare toe u die verhandeling en proefskrif voltooi het?
 
Terloops, die woord "tikmasjien" bestaan reeds in 1936.[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:42, 7 Januarie 2018 (UTC)