Content deleted Content added
Lyn 102:
::Ja, dit word gebruik as 'n intensief met "naast" of met "bovenop" pleks van "vlak naast", of in die uitdrukking "pal staan voor iets", maar dit is nie so volop nie. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 14:23, 12 Februarie 2018 (UTC)
:::Kyk ook: [http://gtb.inl.nl/iWDB/search?actie=article&wdb=WNT&id=M052029 WNT]
 
== Ek sukkel hard om te fokus ==
 
Hallo oom Jaap, ek het 'n vraag.
 
Ek het vandag na die volgende gekyk:
 
[https://tools.wmflabs.org/siteviews/?platform=all-access&source=pageviews&agent=user&range=latest-20&sites=fr.wiktionary.org|de.wiktionary.org Siteviews: Franse Wiktionary vs. Duitse Wiktionary].
 
Dis eintlik ironies, aangesien die Duitse Wikipedia duidelik meer bladtrekke kry as die Franse Wikipedia. Hier is die Wiktionaries net mooi omgekeerd - die Duitse Wiktionary kry minder aftrek as die Franse weergawe.
 
Waaroor ek eintlik skryf is [https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=fr.wiktionary.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-90&pages=Cat%C3%A9gorie:afrikaans|Cat%C3%A9gorie:fran%C3%A7ais|Cat%C3%A9gorie:danois|Cat%C3%A9gorie:n%C3%A9erlandais hierdie]. Dit is baie duidelik dat vreemde woorde selde, indien ooit, op die Wiktionaries aandag trek. Ook [https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=af.wiktionary.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-90&pages=Kategorie:Woorde_in_Afrikaans|Kategorie:Woorde_in_Russies|Kategorie:Woorde_in_Frans|Kategorie:Woorde_in_Nederlands|Kategorie:Woorde_in_Deens|Kategorie:Woorde_in_Latyn die Afrikaanse Wiktionary] is geen uitsondering nie. Hier sien ons die Afrikaanse woorde tel nie 'n duit op die Franse Wiktionary nie, Nederlands 'n bietjie, maar Frans steeds die meeste. Dieselfde ook op die Afrikaanse Wiktionary.
 
Dit vind ek jammer, want kyk jy byvoorbeeld na [https://tools.wmflabs.org/massviews/?platform=all-access&agent=user&source=category&target=https%3A%2F%2Faf.wiktionary.org%2Fwiki%2FKategorie%3AWoorde_in_Deens&range=latest-20&subjectpage=0&subcategories=0&sort=views&direction=1&view=list Massviews:Deens] is daar so te sê niemand wat die blaaie besoek het nie.
 
Moet ons dus die Afrikaanse Wiktionary amper 'n soort tweede WAT maak, of mag ons tweetalige woordeboeke begin? Waarin vreemde woorde juis op die Afrikaanse Wiktionary geskryf word?
 
Ek bedoel, hoe voel die Nederlanders oor Wiktionary, juis nou dat die Woordenboek der Nederlandsche Taal vryelik beskikbaar is?
 
Die vraag is ook: watter taal? Wat Latyn betref is daar mos reeds Latynse Woordeboeke ruim beskikbaar by archive.org. Dit is onnodig om alles oor te tik. Of nie? Waarom nie eerder fokus op woordeboeke wat glad nie bestaan nie, soos Afrikaans-Deens? Maar kyk mens nou weer na die bladtrekke van Deens, lyk dit na suiwere tydverspilling. Soveel soos Deens mens se aptyt wek, word mens konfronteer met 'n ander duiwel: moet mens fokus op tale waar die meeste inligting te vinde is? En waarom my tyd mors met Deens as ek dan so graag Latyn wil leer? [https://tools.wmflabs.org/massviews/?platform=all-access&agent=user&source=category&target=https%3A%2F%2Faf.wiktionary.org%2Fwiki%2FKategorie%3AWoorde_in_Russies&range=latest-20&subjectpage=0&subcategories=0&sort=views&direction=1&view=list Russies se bladtrekke is skokkend min]! Skokkend.
 
En Latyn? [https://tools.wmflabs.org/massviews/?platform=all-access&agent=user&source=category&target=https%3A%2F%2Faf.wiktionary.org%2Fwiki%2FKategorie%3AWoorde_in_Latyn&range=latest-20&subjectpage=0&subcategories=0&sort=views&direction=1&view=list So].
 
Nou waar moet mens dan op fokus? Dit lyk my mens se edele pogings om kultuurbande te bou word telkens deur die afwesige gebruikers/besoekers in die wiele gery. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 10:28, 27 Februarie 2018 (UTC)