Content deleted Content added
Naudefj (Besprekings | bydraes)
Lyn 112:
 
Dis eintlik ironies, aangesien die Duitse Wikipedia duidelik meer bladtrekke kry as die Franse Wikipedia. Hier is die Wiktionaries net mooi omgekeerd - die Duitse Wiktionary kry minder aftrek as die Franse weergawe.
:::Die Franse het eintlik met wikiwoordeboek begin en die Franse een was lank die grootste gewees. Ek vind dit ook duidelik beter as die Duitse een.
 
Waaroor ek eintlik skryf is [https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=fr.wiktionary.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-90&pages=Cat%C3%A9gorie:afrikaans|Cat%C3%A9gorie:fran%C3%A7ais|Cat%C3%A9gorie:danois|Cat%C3%A9gorie:n%C3%A9erlandais hierdie]. Dit is baie duidelik dat vreemde woorde selde, indien ooit, op die Wiktionaries aandag trek. Ook [https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=af.wiktionary.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-90&pages=Kategorie:Woorde_in_Afrikaans|Kategorie:Woorde_in_Russies|Kategorie:Woorde_in_Frans|Kategorie:Woorde_in_Nederlands|Kategorie:Woorde_in_Deens|Kategorie:Woorde_in_Latyn die Afrikaanse Wiktionary] is geen uitsondering nie. Hier sien ons die Afrikaanse woorde tel nie 'n duit op die Franse Wiktionary nie, Nederlands 'n bietjie, maar Frans steeds die meeste. Dieselfde beginsel geld ook op die Afrikaanse Wiktionary.
:::Die krag van 'n wikiwoordeboek is seker in sy tuistaal. Indien jy meer bladtrekke wil, moet jy veral jou eie taal goed gaan beskryf. Maar moenie vergeet dat die krag van 'n taal lê in wat jy met hierdie taal vermag. Bestaan daar 'n tweetalige vakwoordeboek Afrikaans-Hindi in elektronika? Ek betwyfel dit. Die Afrikaanse wikiwoordboek kan dit (ook!) wees indien ons vertalings in Hindi toevoeg. Dit is 'n versterking van Afrikaans, want jy brei die moontlikhede van Afrikaans en daarmee sy krag uit.
 
Dit vind ek jammer, want kyk jy byvoorbeeld na [https://tools.wmflabs.org/massviews/?platform=all-access&agent=user&source=category&target=https%3A%2F%2Faf.wiktionary.org%2Fwiki%2FKategorie%3AWoorde_in_Deens&range=latest-20&subjectpage=0&subcategories=0&sort=views&direction=1&view=list Massviews:Deens] is daar so te sê niemand wat die blaaie besoek het nie.
 
Moet ons dus die Afrikaanse Wiktionary amper 'n soort tweede WAT maak, of mag ons tweetalige woordeboeke begin? Waarin vreemde woorde juis op die Afrikaanse Wiktionary geskryf word?
:::Ek dink dat ons '''meer''' as net tweetalig is. Die papierwoordeboeke het altyd beperk gewees tot net een of twee dimensies. Ons is multidimensionaal.
 
Ek bedoel, hoe voel die Nederlanders oor Wiktionary, juis nou dat die Woordenboek der Nederlandsche Taal vryelik beskikbaar is?
::Hoe "die Nederlanders" voel weet ek natuurlik nie, maar ek self voel dat die WNT min waarde vir die '''huidige''' taal het. Hulle het gesukkel om die taal tot 1925 te beskryf en dit nie klaargekry nie omdat hulle die onmoontlike idee gehad het om ''alles'' wat geskryf is te wil ondeersoek. Geskiedkundig is die WNT pragtig, maar dit was reeds agterhaal toe dit verskyn het. Dit is waarom hulle dit gratis gemaak het.
 
Die vraag is ook: watter taal? Wat Latyn betref is daar mos reeds Latynse Woordeboeke ruim beskikbaar by archive.org. Dit is onnodig om alles oor te tik. Of nie? Waarom nie eerder fokus op woordeboeke wat glad nie bestaan nie, soos Afrikaans-Deens? Maar kyk mens nou weer na die bladtrekke van Deens, lyk dit na suiwere tydverspilling. Soveel soos Deens mens se aptyt wek, word mens konfronteer met 'n ander duiwel: moet mens fokus op tale waar die meeste inligting te vinde is? En waarom my tyd mors met Deens as ek dan so graag Latyn wil leer? [https://tools.wmflabs.org/massviews/?platform=all-access&agent=user&source=category&target=https%3A%2F%2Faf.wiktionary.org%2Fwiki%2FKategorie%3AWoorde_in_Russies&range=latest-20&subjectpage=0&subcategories=0&sort=views&direction=1&view=list Russies se bladtrekke is skokkend min]! Skokkend.
Line 128 ⟶ 132:
 
:Die besoeke is karig want die inhoud is skraps. Die Afrikaanse Wiktionary is besig om sy kop op te tel, maar daar is nog baie werk nodig om van enigiets beduidends te praat. Terloops, ons kan maklik tweetalige woordeboeke van die inhoud genereer, kyk byvoorbeeld na [[Wiktionary:Tweetalige woordelyste|die proefneming]]. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Naudefj]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 12:34, 27 Februarie 2018 (UTC)
::[https://tools.wmflabs.org/siteviews/?platform=all-access&source=pageviews&agent=user&range=latest-90&sites=is.wiktionary.org|af.wiktionary.org Ja, ons tel ons koppie op] maar dit is nog baie min. Ander wikiwoordeboeke het jarelank voorsprong op ons. Maar kyk na die toekoms: daar is 4000 tale of soiets in die wêreld. Die meeste daarvan gaan hierdie eeu sterf. Daar is net 75 wat hulle wikiwoordeboekkoppie optel. Ek dink dat hulle uiteindelik gaan oorleef. Nederlands is daar een van. Afrikaans? Dit hang nog. Wil jy dit? Veg dan en hou op met jeremieer. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 13:29, 27 Februarie 2018 (UTC)