Content deleted Content added
Lyn 134:
:Die besoeke is karig want die inhoud is skraps. Die Afrikaanse Wiktionary is besig om sy kop op te tel, maar daar is nog baie werk nodig om van enigiets beduidends te praat. Terloops, ons kan maklik tweetalige woordeboeke van die inhoud genereer, kyk byvoorbeeld na [[Wiktionary:Tweetalige woordelyste|die proefneming]]. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Naudefj]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 12:34, 27 Februarie 2018 (UTC)
::[https://tools.wmflabs.org/siteviews/?platform=all-access&source=pageviews&agent=user&range=latest-90&sites=is.wiktionary.org|af.wiktionary.org Ja, ons tel ons koppie op] maar dit is nog baie min. Ander wikiwoordeboeke het jarelank voorsprong op ons. Maar kyk na die toekoms: daar is 4000 tale of soiets in die wêreld. Die meeste daarvan gaan hierdie eeu sterf. Daar is net 75 wat hulle wikiwoordeboekkoppie optel. Ek dink dat hulle uiteindelik gaan oorleef. Nederlands is daar een van. Afrikaans? Dit hang nog. Wil jy dit? Veg dan en hou op met jeremieer. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 13:29, 27 Februarie 2018 (UTC)
 
: Jammer prof. Jaap as ek te veel geklink het asof ek die snotpsalm aanhef, dit was nie die bedoeling nie.
 
: Baie, baie dankie oor die kommentaar van die WNT, dit laat my sommer ontsaglik beter voel. Ek het heeltyd gedink die taal is nou so goed soos afgehandel - dat 'n Nederlandse Wiktionary totaal onnodig is. En as mens met dieselfde oog na die WAT kyk, wel...
 
: Ek het eintlik probeer, wat is die woord nou weer, optimaliseer: om die krag op die regte plekke aan te wend. Ek het nou 'n aartjie raakgeboor met "intensiewe vorme" en toe is die oomblik "wow!".
 
: Om ''ex ungue leonem'' te vertaal met '' die boom aan sy vrugte ken'' en ''ek ken 'n muishond aan sy reuk'' sal nogal sports wees. Nou die dag het ek met die Frans ''...un simple animal'' in Afrikaans vertaal met ''...'n stomme dier''. Toe wonder ek: sou die Nederlandse woordeboeke hieroor geskryf het? Linguee.nl bevat dit nie, context.com bevat dit nie, die grootste Collins bevat dit nie...
 
: Besondere dank ook aan Frank, ek sal beslis kyk of ek nie 'n soortgelyke "proefneming" kan begin nie. Dit is net waarna ek soek! [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 15:19, 27 Februarie 2018 (UTC)