Content deleted Content added
Lyn 146:
 
::Dat jy jou keuses goed wil bepaal is natuurlik tereg, Suidpunt, maar besluiteloosheid is minder goed. Jy kan mos altyd begin om iets te doen en later nog besluit dat dit anders moet wees. Denk ''terwyl'' jy werk? Of gewoon besluit dat iets ander lekkerder vir jou is. Dit is ook belangrik vanweë die motivasie wat ieder mens nodig het. Nog 'n ander oorweging: om 'n ander mens se taal leer is 'n groot daad van vrede, omdat jy baie moeite doen vir mense wat jy nog nie eenmaal ontmoet het nie. Dit maak baie deure oop, veral as jy 'n klein taal leer, soos Deens wat gespreek word deur mense wat dit glad nie van jou verwag nie. Afrikaans is nie die geliefdste taal in Denemarke nie. Die apartheid hulle het dit taamlik gehaat gemaak en daarmee groot skade aan jou taal gedoen. Dit beroof Afrikaners/Afrikaanses van hulle stem in die wêreld. Dus, as jy Afrikaans bydra op da.wiktionary (of Deens hier) dra dit by aan 'n wysiging en verbetering van die imago van jou taal en volk. Afrikaans het dit broodnodig. Dene kan goed begryp dat jy jou eie taal wil behou. Hulle wil dit mos ook. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 16:16, 27 Februarie 2018 (UTC)
 
== Waarom is Nederlanders tog so krities op hul (tradisionele) kultuur? ==
 
Ek het miskien 'n vragie vir Quora.com, wat u miskien daar kan gaan plaas en antwoord.
 
Prof. Jaap, jammer dat ek so lank afwesig was, maar ek moes eers 'n dramateks pos vir 'n kompetisie. Geen mens kan binne 3 maande (Maart-Julie) 'n dramateks bedink nie, daarom het ek sommer in Desember begin. Met so bietjie "Gedierte van Gévaudan" tussenin.
 
Maar om nou terug te kom na die vraag. Heel onlangs lees ek in ''The Guardian'', die ''moan''-blad van die Britte, [https://www.theguardian.com/books/booksblog/2017/jan/17/dutch-literature-lost-to-english-translation Dutch literature: lost to English translation]. Nou volgens hierdie stukkie teks van verlede jaar is die grootste probleem dat die Nederlanders nie eers hul eie werke kan lees en waardeer nie. Volgens hierdie blad moet so te sê al hierdie "Nederlandse" tekste van die 1700's eers "hertaal" word na die jaar 2018.
 
Maar 7 Maart 2018 was ek op Struisbaai en het vir my daar 'n boek deur Adriaan van Oordt, ''Warhold'' (Eerste deel, derde druk) gekoop. Kennelik was dit 'n voorgeskrewe boek in 1930 in Kakamas. Nou gaan mens na die Nederlandse Wikipedia, staan daar:
 
:''Zijn beide historische romans, Irmenlo (Amsterdam, 1896) en Warhold (Amsterdam, 1906), die zich in de middeleeuwen afspelen, zijn door hun gedateerde mooischrijverij en impressionistische breedsprakigheid voor de moderne lezer nauwelijks meer te verteren.''
 
En ek is seker kinders is mal oor Geoffrey Chaucer oor sy breedsprakige Engelse taal?
 
Nêrens vind ek die kritiek op die Nederlandse kultuur so snedig soos op Derek & Brandon Fiechter se [https://www.youtube.com/watch?v=SQxITYASgBI "Traditional Dutch Music - Dutch Windmills"].
 
Voorbeelde van kommentaar:
 
* Ik ging helemaal stuk toen ik het hoorde
* Wat een kutzooi.... Waarom kunnen we niet iets cools hebben als de scandinaviers of slavs ofzo
* Sounds like something from the Efteling. A famous dutch amusementpark
* Wat een kut herrie (123 duimpies)
 
Maar laat ons dan nou luister na [https://www.youtube.com/watch?v=9LjxQ2hyUOk Swedish Folk Music - Swedish Meadow].
 
En die Swede is gaande daaroor!
 
Laat ek dit duidelik maak: die Fiechters is Duitsers. Hulle musiek is hoe hulle die lande vind. In hierdie geval, die tradisionele kultuur.
 
Ek kan geen verskil insien tussen hul Sweedse en die Nederlandse interpretasie. Ek sal selfs sê die Nederlandse lied het vir my meer elegansie [veral met die 'viool' en 'fluit'; steeds beter as André Rieu] en is minder eentonig as die Sweedse een [daar is wel 'n ligte 'hemelse' eggobeweging in die Sweedse lied waarvan ek hou].
 
Oor die [https://www.youtube.com/watch?v=zgMIhrGhiGU Romantic French Music]:
 
:''As a French person, I'm glad to see that Paris and France still continue to be a source of inspiration, even if it's a little bit "cliché" ;) Unfortunately, we don't listen this kind of music in Paris today, or rarely. (But it's still a nice city if you avoid the subway ^^). For all the foreigner who will read me: There are plenty other beautiful towns, where people are kinder (and speak a better English than me!). Thanks a lot for this music!''
 
Geen snedigheid ter sprake. Ek dink hierdie musiek herinner juis aan die Goue Jare van Frankryk...
 
Kyk, as jy boeremusiek speel as tradisionele "Afrikanermusiek", sal ek geen kritiek lewer nie. Ek besit wel geen CD's of MP3's van boeremusiek nie '''['''want ek het Vivaldi, Mozart, Beethoven of soortgelyke moderne musiek soos TheFatRat ('Monody'), Lindsey Stirling ('Shadows'), Karl Richter (kerkkore), Jan Cyrka ('Golden Sky'), Enya ('Flora's Secret' is my gunsteling), Vanessa-Mae (Contradanza), dreunsang (Lesiëm: 'Fundamentum'), The Glitch Mob ('Warrior Concerto'); soms luister ek ook Faun se 'Tanz mit mir' ens.''']''', maar ek aanvaar dit so. Konsertina, viool, saag, bekfluitjie - dis doodgewoon.
 
Is dit maar omrede die Swede nooit in 'n kolonie was dat hul meer "blinde volkstrots" (nie te verwar met Nasionalisme!) het as die Nederlanders wat na afloop van die Goue Eeu 'n volle onderdompeling van die Franse kultuur en toe Amerika gekry het? Met die bygedagte dat Nederlandse kultuurgoed 'nooit goed genoeg is nie'? Waarom dan anders die skaamte vir hierdie Rorschachtoets? Of is die Nederlanders sulke pragmatiste 'IN OVERDRIVE' dat kultuurvorming vir die voëls is?
 
PS. Die Ierse musiek en Duitse ''a cappella''-kerkkore in Latyn/Duits (as 'tradisionele Europese kultuur') bly my gunsteling. Naas die klank van harde reën en donderweer.[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 19:53, 15 Maart 2018 (UTC)