Content deleted Content added
Lyn 99:
 
Ik houd op met Afrikaans. Niet vanwege de taal, maar wel vanwege de sprekers ervan. Ik zou daar een aantal epitheta aan kunnen hechten, maar zelfs daar ben ik te moe voor. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 18:14, 1 April 2018 (UTC)
:My gewete is ''engelrein'', [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] - ek was gister die hele middag besig met 1.000 punte (dus 100 oefeninge) van Nederlands op Duolingo. Hierdie week het die lotusblom om hemel by nag oopgegaan!
 
:Ek het op 4 Maart 2017 'n boek oor skeepsrampe aan die Overbergse kus (2012) gekoop. Betreklik dun. Teen R200,00. Ek was nogal teleurgesteld dat die geraadpleegde bronne slegs in Engels geskrywe is, want gegewe al die veeartsenykundige boeke uit die 1950's wat Franse, Deense, Duitse, Nederlandse en betreklik min Afrikaanse bronne gebruik gemaak het [wat toe nog nie so volop was nie], verwag ek in 2018 nie veel minder nie.
 
:So kom ek op Dr. Jan Malan se boek af (klaargelees 27 Maart 2018), ''Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722'' (2017). Malan het in 2013 sy navorsing begin, want êrens was daar 'n "Malan(g)" betrokke by die hele storie. Genoeg om 'n Hugenote-afstammeling lont te laat ruik. En deur sy navorsing vlek Dr. Malan 'n hele paar leuens oop wat gereeld in Afrikaanse en Engelse bronne keer op keer, herhaaldelik, ad nauseum, opduik.
 
:DINK JOUSELF IN! ONS EIE ''PIRATES OF THE CARIBBEAN'' IN NEDERLANDS!
 
:Meestal maak mense blindelings en swaar van E. Rosenthal ('The Hinges Creek') en Lawrence Green ('South African Beachcomber') se (postmoderne?) fiksie / kontreistories gebruik. Maar wat kan ons nog skok? Hierdie pikkedilletjies is klein teen die film 'Krotoa'! Dit is mos fiksie wat sommer oornag in die waarheid omgetower word. En in feitegidse gepubliseer word.
 
:Nou volgens "oorlewering" het Kaptein van Soest doelbewus landwaarts geseil om die V.O.C. se skip te kelder in die Agulhasrif. Deur die skip te kelder, kon hy vragroof of wrakroof pleeg en op Vergelegen gaan begrawe. Of iemand kry om die grawewerk te doen. Die skelm handlangers/boere sou glo met rookseine slaggereed staan (haai, amper soos in die verhaal "Die lanternswaaier" (2011)!). Een van die offisiere was boonop bewus van die kaptein se smokkelbedrywighede, en sy lyk word kort daarna met 'n gapende wond ontdek! Die vrag vol edelgesteentes, goud, silwer en ornamente word in die vrugteboorde begrawe. So gaan Van Soest later na die Kasteel, om nie agterdog te wek nie. Die wrak moet egter ondersoek word - ja, niks lyk snaaks nie, die wrak kan maar aan die brand gesteek word.
:Maar Hendrik Klopper, van Vergelegen, raak vreeslik neerslagtig. Sy gewete begin hom pla. En die ander ook. En toe word Klopper doodgeskiet - en net hy het geweet waar die skat is! En Van Soest is nêrens te vinde nie. Ek haal aan:
 
:"Nog rus die goewerneur nie en uiteindelik word Van Soest, Van der Heiden en Malan van strandroof aangekla. Hulle beken die roof teen die VOC en word gemartel om te onthul waar die skat versteek is. Almal getuig egter dat Klopper dit kan verklaar en dié geheim is saam met hom in sy graf. Uiteindelik is Van Soest ter dood veroordeel en geradbraak. Van der Heyden en Malan is in kettings na Batavia verban." - bl. 70, "Skeepsrampe aan die Agulhas-kus", Jeannette Grobbelaar, 2012.
 
:Dit is moeilik om die hele boek van 161 bladsye op te som in enkele paragrawe, maar kom ons probeer:
 
:Dr. Malan vind egter al bogenoemde is 'n '''broodje aap''. Wat in die V.O.C. se amptelike dokumente staan strook nie met Rosenthal en Green se fiksie nie. Die hele skeepsramp kan toegeskryf word aan seestrome, die nalatigheid van loodpeiling wat nie gedoen is nie (en die offisiere en skeepskaptein wat mekaar die skuld toegeslinger het en hulself vervolging probeer spaar het), die weer wat deinserig was en misgissings wat die berekeninge betref. Van Soest het hééltyd by die wrak gebly [terwyl ander Kaap toe gestap het], hoewel hy het geen beheer gehad het oor die gewelddadige matrose wat links en regs alles loop staan en plunder het nie.
 
:Die res van die verhaal kan jy vlugtig gaan lees by
 
:Deel 1: https://family.morkel.net/wp-content/uploads/Schoonenberg-Malan-1-Finaal-.pdf en
:Deel 2: https://docmh.com/the-philosophy-of-money.html?utm_source=die-voc-skip-schoonenberg-waarheid-en-verdigsel-deel-ii-strandroof-na-stranding-in-1722-pdf&utm_campaign=download
:of
:https://docmh.com/download/documents-oVIG5tyi9YiJWOBgO4iGtri0gh3vjDByo95ktttthB23ftaUoirIAzyGGr1QUte9t9kMs
 
:Die Raad van Justisie aan die Kaap het die kaptein en sy offisiere aan nalatigheid skuldig bevind en die vonnisse het gewissel van ontslag uit die diens van die VOC tot berisping. Alle (ontslane) bemanningslede is weer repatrieer na Nederland (met goedkeuring van die owerheid). Want hulle moet leef, die wêreld staan nie stil nie. Kaptein Van Soest het ongemerk die Kaap op 'n Britse skip verlaat. En is in Nederland weer aangekeer - want hy is sonder die medewete van die Kaapse Justisie daar weg. En die Kaapse Justisie wou die (nou ontslane) kaptein eers in die Kaap hou, indien ander sake of verhore weer mag opduik.
 
:Nou waar kom die idee van die "kelder-gedagte" vandaan? Nóg in die getuienis, nóg in die uitspraak is enige sprake van doelbewuste stranding, skryf Malan. WATWOU NOG 'N SKAT! Kyk, Van Soest het sy verhoor so lank moontlik uitgerek. En toe die Raad van Justisie aan die Kaap eers in 1724 (twéé jaar na die stranding!) eers hul uitspraak lewer, was die Here XVII allermins beïndruk. Hulle het (heel emosioneel) in 'n brief aangevoer dat Van Soest hul skip aspris gekelder het net om hul goed te roof en te plunder. Daar is die saadjie geplant vir verbeeldingryke vlugte. Van Soest is glad nie in die Kaap ter dood veroordeel nie: hy is van sy pos onthef, het sy rang en salaris verbeur, is onbevoeg verklaar en hy mag nooit weer in die Kompanjie se diens tree nie. Boonop is al sy besittings wat aan die Kompanjie behoort het, gekonfiskeer.
 
:Al hierdie bronne en getuienisse rakende die Schoonenberg-saak is in die Kaapse argief saamgebundel. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:22, 1 April 2018 (UTC)