Wiktionary:Geselshoekie: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
Naudefj (Besprekings | bydraes)
Lyn 742:
:Ek glo die Arabiese transliterasies kan redelik maklik bevestig word. Dit is net Afrikaans met 'n ander alfabet. Dit behoort standaardreëls te hê, maar ek is nie so talentvol nie. [[Gebruiker:PixelVulpix|PixelVulpix]] ([[Gebruikerbespreking:PixelVulpix|kontak]])
::Dankie, [[Gebruiker:PixelVulpix|PixelVulpix]]. Die enigste transliterasiereëls waarvan ek bewus is, is dié wat Achmat Davids in sy verhandeling ''The Afrikaans of the Cape Muslims from 1815 to 1915'' (onlangs gepubliseer as ''Die Afrikaans van die Kaapse Moslems'') bespreek het. As dit die basis is van die inligting hier op Wiktionary, en as dit noukeurig ingevoer is, dan het ek vertroue daarin. Maar dit pla my dat 'n mens nie die betroubaarheid daarvan kan verifieer nie. Ken jy dalk vir Manie waarna vroeër verwys is? [[Gebruiker:Geebee100|Geebee100]] ([[Gebruikerbespreking:Geebee100|kontak]]) 05:25, 29 Julie 2019 (UTC)
 
::: Die Arabies was nog altyd verdag en ek het al talle kere onsuksesvol met Manie probeer kontak maak. Interessant genoeg kan mens die Arabiese teks kopieer en met Google Translate vertaal, wat jou soms (so amper) by die oorspronklike woord terugbring. As voorbeeld: "Mooi" -> "مَُويْ" -> "Moi". Ander werk weer glad nie: "baie" -> "بَیِی" -> "PII". Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Naudefj]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 05:48, 29 Julie 2019 (UTC)
 
== Spelling tot 1909 ==