Content deleted Content added
Nuwe bladsy geskep met 'Disrepekvol? Ja, jy het reg, Geebee. Ek het meer respek vir mense as Manie wat hier baie werk verrig het as vir mense wat net wil skrap. Watter kennis het jy eintlik van...'
 
No edit summary
Lyn 3:
Ja, jy het reg, Geebee. Ek het meer respek vir mense as Manie wat hier baie werk verrig het as vir mense wat net wil skrap. Watter kennis het jy eintlik van getoelies? Daar word glo reeds sedert 1807 so Afrikaans geskrewe. Vir taalkundiges wat die vroeë geskiedenis van Afrikaans bestudeer moet dit tog interessant wees?
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 22:45, 29 Julie 2019 (UTC)
 
:[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]], die manier waarop jy mense antwoord, is gewoon disrespekvol en bars. Ek moes al 'n paar keer hoor dat jy een van die hoofredes is hoekom mense nie wil bydra op Wikipedia (en Wiktionary) nie, want hulle sê jy jak hulle af. Nietemin, ek weet wat ek weet en wat ek nie weet nie, en gaan my nou definitief nie laat intimideer deur iemand wat nie weet hoe om sy medemens (en veral nuwelinge) ordentlik te behandel, tuis te laat voel en te ondersteun nie. Dus, ek gaan voort hier op Wiktionary, en hoop dat jy my op 'n respekvolle, ordentlike en beskaafde manier sal antwoord en begelei, waar nodig. Dis tog GLAD nie nodig om ons energie op bekgevegte te mors nie, nie waar nie? Wil jy nie asb. jou strydbyl begrawe nie? Ek het geen kwade bedoelings of intensies nie. En ek vra ook om verskoning as ek jou op een of ander wyse aanstoot gegee het.
:'''Oor "skrapping"''': Ek het nie GESÊ dat ek alles wil skrap nie; ek het GEVRA of dit (a) korrek is; en (b) nodig/toepaslik is. As jy nie wil hê 'n mens moet vrae vra nie, dan is Wiktionary waarskynlik nie die tipe platform waar jy werk behoort te doen nie (volgens my). Dis tog JUIS 'n gemeenskapsgebaseerde platform. Ek kon losgetrek het en alles verwyder het, maar ek het ten minste die ordentlikheid om eers te vra. Maar as die manier waarop jy antwoord, die manier is wat hier geld, dan DOEN ek net in die toekoms, en vra nie eers nie. Wat verkies jy?
:'''Oor die Arabiese skrifbeeld''': Benewens dat die korrektheid daarvan te betwyfel is (sommige van die transliterasies maak gewoon nie sin nie), is dit ook so dat dié skrifbeeld laas in die 1950's in religieuse tekste gebruik is. Dit is dus werklik histories (van die 1800's tot die 1950's), en werklik beperk tot religieuse tekste. As die korrektheid (en bron) van hierdie transliterasies nie nagespeur kan word nie, dan verskaf dit tog mos gewoon verkeerde en misleidende inligting, nie waar nie? Neem [[anode]] as voorbeeld. Hoe op aarde sou dit tussen 1800-1950 in Moesliem- religieuse tekste verskyn??? 'n Mens moet jou tog afvra of die inligting korrek is?
:'''Oor spellingvorme voor 1909''': Dieselfde argumente geld die spellingvorme voor 1909. Ek sal in die Geselshoekie daaroor skryf, maar m.b.t. [[anode]] kan ek ook nêrens in ENIGE Afrikaanse bron (of beskikbare korpus) die skryfwyse [[anóde]] kry nie. Kyk ook by [[Afrikaner]] waar die algemene vorm tot voor 1909 ([[Afrikaander]]) nié onder die opskrif "Spelling voor 1909" gelys word nie. Dit is tog mos dan gewoon verkeerd, en dan moet 'n mens tog mos die korrektheid van alle ander inskrywings ondersoek. Of verstaan ek dit verkeerd?
:Tot slot, '''iets oor myself''': Ek is 'n Afrikaanse taalkundige met spesialisering in morfologie, ortografie (ek is tans voorsitter van die Taalkommissie) en taaltegnologie (verbonde aan die Sentrum vir Tekstegnologie aan die Noordwes-Universiteit). Ek was ook vir die eerste vier jaar van sy bestaan die uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Ek sê nie hierdie goed om jou te "probeer beïndruk" of iets nie, maar net om jou te verseker dat ek nie sommer goed uit my duim suig nie, dat ek nie sommer goed sal doen sonder om sistematies daaroor te dink en besin nie. En boonop dat ons oor baie oopbrondata beskik wat ons graag hier met die wêreld wil deel, asook oor mensehulpbronne wat kan help met programmering, kontrolering, ens. Ek hoop jy kan op 'n stadium iewers in die toekoms my bona fides aanvaar ... [[Gebruiker:Geebee100|Geebee100]] ([[Gebruikerbespreking:Geebee100|kontak]]) 04:03, 30 Julie 2019 (UTC)