Content deleted Content added
No edit summary
Naudefj (Besprekings | bydraes)
No edit summary
Lyn 1:
== Disrepekvol? ==
 
Ja, jy het reg, Geebee. Ek het meer respek vir mense as Manie wat hier baie werk verrig het as vir mense wat net wil skrap. Watter kennis het jy eintlik van getoelies? Daar word glo reeds sedert 1807 so Afrikaans geskrewe. Vir taalkundiges wat die vroeë geskiedenis van Afrikaans bestudeer moet dit tog interessant wees?
Lyn 9:
:'''Oor spellingvorme voor 1909''': Dieselfde argumente geld die spellingvorme voor 1909. Ek sal in die Geselshoekie daaroor skryf, maar m.b.t. [[anode]] kan ek ook nêrens in ENIGE Afrikaanse bron (of beskikbare korpus) die skryfwyse [[anóde]] kry nie. Kyk ook by [[Afrikaner]] waar die algemene vorm tot voor 1909 ([[Afrikaander]]) nié onder die opskrif "Spelling voor 1909" gelys word nie. Dit is tog mos dan gewoon verkeerd, en dan moet 'n mens tog mos die korrektheid van alle ander inskrywings ondersoek. Of verstaan ek dit verkeerd?
:Tot slot, '''iets oor myself''': Ek is 'n Afrikaanse taalkundige met spesialisering in morfologie, ortografie (ek is tans voorsitter van die Taalkommissie) en taaltegnologie (verbonde aan die Sentrum vir Tekstegnologie aan die Noordwes-Universiteit). Ek was ook vir die eerste vier jaar van sy bestaan die uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Ek sê nie hierdie goed om jou te "probeer beïndruk" of iets nie, maar net om jou te verseker dat ek nie sommer goed uit my duim suig nie, dat ek nie sommer goed sal doen sonder om sistematies daaroor te dink en besin nie. En boonop dat ons oor baie oopbrondata beskik wat ons graag hier met die wêreld wil deel, asook oor mensehulpbronne wat kan help met programmering, kontrolering, ens. Ek hoop jy kan op 'n stadium iewers in die toekoms my bona fides aanvaar ... [[Gebruiker:Geebee100|Geebee100]] ([[Gebruikerbespreking:Geebee100|kontak]]) 04:03, 30 Julie 2019 (UTC)
 
== Afrikaans vs. afrikaans ==
Dit lyk of die woord "Afrikaner" (nie die beesras of plant nie) in Frans en Noors met 'n kleinletter geskryf word. As dit wel die geval is, hoort dit by artikel "[[afrikaner]]" en nie by "[[Afrikaner]]" nie, hoe vreemd en onortokoks dit mag voorkom. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Naudefj]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]])