Wiktionary:Versoeke

Ons bou 'n wêreldklas woordeboek in Afrikaans.

Versoeke vir woordinskrywings kan hier geplaas word.

Let wel: Moet asseblief nie lang lyste hier plaas nie, aangesien dit waarskynlik geïgnoreer sal word. As u 'n woord versoek, verskaf asseblief soveel inligting as moontlik. As u kan, spesifiseer die woordsoort, 'n kort beskrywing, asook die veld waarin dit gebruik word. Woorde wat reeds geskep is kan van die lys verwyder word.

Probeer self: U is natuurlik meer as welkom om self woorde te laai. Dit lyk moeiliker was wat dit regtig is, en dit neem gewoonlik nie lank om op dreef te kom nie. Lees gerus hoe om ’n nuwe bladsy te skep en moenie huiwer om in die geselshoekie om hulp te vra nie.


Versoeke wysig

posbos he’s leprechaun nauties - of enige ander vorm, of ekwivalent (van engels nautical)

Uitgevoerde versoeke wysig

Elektrovalensie (as die woord wel bestaan) -- Ek dink dat hierdie woord wel bestaan of bestaan het, maar ek kan dit nie met google vind nie. Hierdie begrip het ook in ander tale amper verdwyn omdat dit na valensie verwys wat 'n sleg-gedefinieerde en erouderde begrip was. Jcwf (kontak) 16:33, 30 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Die woord klink baie bekend en is ook in die WAT opgeneem. Groete. Naudefj (kontak) 07:07, 11 Maart 2018 (UTC)[antwoord]
Weder(r)egtelik het "rr" en bestand(d)eel het "dd". Ek kan ontheem nie vind nie. Net ontheemde. In Nederlands is dit ook net as s.nw bekend en as b.nw "ontheemd" is 'n terugvorming. Jcwf (kontak) 21:45, 12 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

kierang wysig

Dit beteken soiets as fop in Afrikaans en kan ook kurang wees. Ek vra my af of dit Javaans is. Hierdie taal het hoë en lae vorme vir elke woord en laag "kirang" en hoog "kurang" beteken ontbreek of -as prifiks- nie-perfek, nie-regtig. Bv., lajak is beleef. kirang lajak 'n sagte manier om onbeleef te sê. [1]

  Verwysings wysig

  1. Javaansche spraakkunst, of de wijze om op eene gemakkelijke manier de Javaansche taal te leeren schrijven lezen, en spreken Philippus Pieter Roorda van Eysinga 1835

Sjablone wysig

Ongelukkig sal hierdie sjabloon nie vir Middelnederlandse werkwoorde kan werk nie, want die vervoeginge wyk te veel af (Middelnederlands: 'n eerste kennismaking (1982) het ek in hierdie week vir my kerskous bestel).
Dit is hier ook beskikbaar. Kyk byvoorbeeld na {{-nlverb-}} wat na {{-nl-werkw-}} aanstuur. Moenie vra nie, iemand het êrens besluit dat ww. wel so afgekort kan/mag word! Gryp een van die bladsye op nl.wikt se teks en plak dit hier. Ek is byna seker dit gaan net so werk. Groete. Naudefj (kontak) 17:21, 10 Desember 2017 (UTC)[antwoord]
Wat my betref, maak ons dit almal "ww", Frank. Dit is korter! Jcwf (kontak) 18:16, 14 Desember 2017 (UTC)[antwoord]
Ek het 'n deel van my uitgebreide sjablone van nl.wikt oorgeneem, vertaal en die opmaak effens verander. Enkelvoudige werkwoorde, skeidbare werkwoorde, inergatiewe, ergatiewe en oorganklikes werk glo ek. Sien skeidbaar, oorgankelik: optillen (vervoeging), optellen (vervoeging), nie-saamgesteld oorgankelik plooien (vervoeging) ergatief sterven (vervoeging) en inergatief blaffen (vervoeging).
Ek moet nog kyk na die wederkerige werkwoorde. Hulle is 'n bietjie ingewikkelder. Jcwf (kontak) 00:06, 12 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

Bot-versoeke wysig

Kan jy asseblief van inskrywings soos {{vertxx|ru|mnogo|многo}} --> {{vert|ru|многo}} (mnogo) maak, Frank? Dit sou al daai rooi skakels en fout interwikis herstel en tog die transkripsies behou. Jcwf (kontak) 18:04, 14 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

Ek het die ou vertxx-sjabloon teruggesit. Dit lyk of dit die probleem oplos. Groete. Naudefj (kontak) 19:54, 20 Desember 2017 (UTC)[antwoord]