Wiktionary:Welkom, nuwelinge

Welkom by die Afrikaanse Wikiwoordeboek

Ons poog om woorde in alle tale op dié webwerf in Afrikaanse te beskryf. Ons is egter nog net in die beginstadium van hierdie proses en u hulp sal dus baie welkom wees. Kom ons skryf saam aan 'n meertalige Afrikaanse woordeboek.

As elkeen wat die blad besoek 'n woordjie bydra, kom so 'n reuse projek vinniger klaar as wat mens dink!

Hakies wysig

Om 'n nuwe bladsy te open is baie eenvoudig. Jy tik 'n paar dubbele blokhakies om 'n woord. Dié hakies skep 'n skakel na 'n nuwe bladsy. As jy byvoorbeeld die woord skakel wil invoer, tik êrens [[skakel]] en stoor die bladsy. As die bladsy reeds bestaan sal 'n blou skakel verskyn. Indien 'n rooi skakel verskyn, kan jy 'n nuwe bladsy skep deur daarop te kliek.

Taalsjablone wysig

As jy 'n nuwe woord invoer maak asseblief duidelik uit watter taal dit kom. As dit byvoorbeeld 'n Afrikaanse woord is, begin dan met die sjabloon {{=af=}} en volg dit op met die woord wat jy wil byvoeg. As die woord byvoorbeeld uit Engels, Russies, Nederlands of Xhosa ontleen is, begin jy met {{=en=}}, {{=ru=}}, {{=nl=}} of {{=xh=}} en volg dit dan telkens op met die betrokke woord uit die betrokke taal. Vir die woord water bestaan tans die grootste versameling taalsjablone.

Daar is verder vir iedere taal 'n lang sjabloon, {{=af=}} asook 'n kort sjabloon, {{af}}. Die korte word gebruik vir die vertaling van 'n woord. Die lange met =xx= genereer outomaties 'n nuwe kategorie. So kan bepaal word hoeveel woorde in watter taal reeds ingevoer is.

Grammatikale sjablone wysig

As jy weet watter grammatikale rededeel jy tot die versameling bydra kan jy dit aandui deur gebruik te maak van 'n grammatikale sjabloon. Is dit byvoorbeeld 'n selfstandige naamwoord kan jy dit omskryf met die sjabloon {{-s.nw-}} (Engels: {{-noun-}}; 'n byvoeglike naamwoord of adjektief met die sjabloon {{-b.nw-}} (Engels: {{-adjc-}}).

Wikipedia wysig

Wikiwoordeboek is 'n lid van die wikifamilie, maar ons is net 'n woordeboek, nie 'n ensiklopedie nie. af.wikipedia.org is ons Afrikaanse ensiklopedie.