Sien ook Afrikaner
Tagetes erecta

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  afrikaner     afrikaners  

  Uitspraak

IPA: [ɑfriˈkɑːnər, ɑfrəˈkɑːnər], meervoud: [ɑfriˈkɑːnərs, ɑfrəˈkɑːnərs]

  Met Arabiese letters

اَفْرِیكَانِرْ , meervoud: اَفْرِیكَانِرْسْ

  Spelling tot 1909

afrikáner, afrika-ner, afriká-ner; meervoud: afrikáners, afrika-ners, afriká-ners

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (plante) Naam gegee aan verskillende soorte veldblomme van die geslagte   Gladiolus (fam. Iridaceae) en   Homoglossum (fam. Iridaceae), soos die rooiafrikaner, ens.
  2. (plante) Naam gegee aan sekere aandblom- en pypiesoorte, soos die bruinaandblom, geelaandblom, rooiaandblom en die rooipypie, rooibergpypie en witpypie.
  3. (plante) Naam gegee aan verskillende eenjarige blomkruidgewasse van die geslag   Tagetes (fam. Compositae).
  4. (dierkunde) Geharde, inheemse beesras, gekenmerk deur sy rooi of geelbruin kleur, kort, gladde hare, weglêhorings en ’n hoë skof.

     Wisselvorme

afrikanertjie; meervoud: afrikanertjies

     Verwante woorde

     Vertalings

  Vertalings:    afrikaner
Duits: 3 Sammetblume(de), Samtblume(de)
Engels: 1, 2 Afrikaner(en), Africander(en); 3 African marigold(en)
Nederlands: 3 afrikaantje(nl)


Noors boekmaal (nb)

Naamval Enkelvoud Meervoud
  Onbepaald Bepaald Onbepaald Bepaald
Nominatief afrikaner m/v afrikaneren afrikanere afrikanerne  
Genitief afrikaners afrikanerens afrikaneres afrikanernes

  Uitspraak

IPA: onbepaald: [afriˈkaːnər], bepaald: [afriˈkaːnərən]; meervoud: [afriˈkaːnərə], bepaald: [afriˈkaːnərnə]

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Afrikaan
  2. Afrikaanse, 'n inwoonster van Afrika.