'n Arm.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  arm     arms    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  armpie     armpies  

  Woordafbreking

arm

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (anatomie) Een van die boonste ledemate van 'n mens, wat van die skouer tot by die hand strek.
  2. Iets wat daaraan herinner, soos die arm van 'n stoel.

     Voorbeeldsinne

  1. Hy swaai sy arm om die polisie se aandag te trek.
  2. Moenie jou kougom onder die stoel se arm plak nie!

     Spreekwoorde

Hy kla met 'n wit brood onder die arm (kla onnodig).
Iemand onder die arm neem (ondersteuning bied).

     Meronieme

onderarm, bo-arm, hand

     Holonieme

liggaam

     Vertalings

  Vertalings:    arm
Engels: arm(en)
Nederlands: arm(nl)
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   arm     arme     armes    
Vergrotend   armer      
Oortreffend   armste    
Bywoord
Oortreffend   brandarm  

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

  1. Niks of byna niks besit nie; behoeftig wees.
  2. Ellendig; beklaenswaardig.
  3. Swak bedeeld; met min of geen hulpmiddele.

     Voorbeeldsinne

  1. Die skool is in die arm deel van die stad geleë.
  2. Sy het die arme hond in 'n stikhete kar agtergelaat.
  3. Die plant groei besonder goed in die arm grond.

     Antonieme

ryk

     Spreekwoorde

Kinders is die arm man se rykdom (arm mense het soms baie kinders).

     Vertalings

  Vertalings:    arm
Engels: poor(en)
Nederlands: arm(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor arm.


Engels (en)

  Selfstandige naamwoord

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord arm arms

     Betekenisse

  1. (ledemaat) Arm.
  2. Wapen (veral in die meervoud).

     Afgeleide woorde

Coat of arms.

  Werkwoord

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd I arm
he, she, it arms
Verlede Tyd armed
Verlede Deelwoord armed
Teenwoordige Deelwoord arming
Verdere vervoegings: arm (vervoeging)

     Betekenisse

Bewapen.