'n Hond se bek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  bek     bekke    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  bekkie     bekkies  

  Uitspraak

    
(lêer)

  Woordafbreking

bek

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Die mond van 'n dier of snawel van 'n voël.
  2. (disfemisme) Die mond van 'n mens.
  3. Opening wat aan 'n mond herinner.

     Voorbeeldsinne

  1. Die kat dra sy kleintjies in sy bek.
  2. Die vent se bek is te groot, hy moet sy smoel hou.
  3. Die grot se bek het toegeval.

     Spreekwoorde

«Hy is net bek
Hy is 'n grootprater.
«Sy is glad van bek
Sy kan goed praat.
«Hy is bek-af.»
Hy is baie mismoedig.
«Sy is nie op haar bek geval nie.»
Sy kan baie goed en pittig praat.
«Hy sit met 'n dik bek
Hy is ontevrede en nukkerig.
«So 'n bek kort jêm!»
Dit maak sin; dis die moeite werd om te luister wat gesê word.

     Vertalings

  Vertalings:    bek
Engels: beak(en), snout(en)
Nederlands: bek(nl)