[1] Elemente van die periodieke tabel.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  element     elemente    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  elementjie     elementjies  

  Woordafbreking

ele•ment

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (chemie) 'n Stof wat net uit een soort atome bestaan en nie verder in ander stowwe verdeel kan word nie.
  2. Een van die vier klassieke elemente: water, lug, aarde of vuur.
  3. (tegniek) Deel van 'n elektriese toestel wat warm word.
  4. (wiskunde) 'n Onderdeel van 'n versameling.
  5. 'n Klein deel van iets.

     Voorbeeldsinne

  1. Die kleinste partikel van 'n element is 'n atoom, wat bestaan uit elektrone wat om 'n kern van protone en neutrone wentel.
  2. Lyk my die elemente is vandag teen ons.
  3. Die ketel se element het uitgebrand.
  4. Watter element pas nie in die versameling nie?
  5. Moskolonies is belangrike elemente' van talle ekostelsels, van die toendra tot die tropiese reënwoud.

     Vertalings

  Vertalings:    element
Engels: element(en)
Nederlands: element(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor element.