Internet.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  internet     internette  

  Etimologie

Samestelling van net (verkorting vir netwerk) met die voorvoegsel inter- (van die Latynse inter, “tussen”).

  Woordafbreking

in•ter•net

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (rekenaarwetenskap) Enige rekenaarnetwerk wat met die internetprotokol (IP) kommunikeer (dus van IP-tegnologie gebruik maak).
  2. 'n Wêreldwye netwerk van rekenaars met 'n gemeenskaplik gestandaardiseerde protokol (die IP-protokol).

     Voorbeeldsinne

  1. Dit is moontlik om honderde internette met mekaar te verbind sonder om van die publieke Internet gebruik te maak.
  2. Een van die bydraende faktore tot die internet se sukses is waarskynlik dat dit in sy geheel aan niemand behoort nie en kommunikasie daarop feitlik onbeperk is.

     Eienskappe

Internet word soms met 'n hoofletter geskryf om aan te toon dat dit dié Internet is, wat uit talle kleiner internette (met 'n kleinletter) saamgestel is. Talle publikasies skyf dit egter met 'n kleinletter, gewoonlik in nie-vakgerigte publikasies waar die onderskeid nie getref of verstaan word nie.

     Wisselvorme

Internet

     Vertalings

  Vertalings:    internet
Nederlands: internet(nl)
Engels: internet(en)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor internet.