Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  lei 
Verlede Tyd  ek   het gelei        

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Rigting gee; weg aanwys; iets/iemand in 'n bepaalde rigting laat beweeg.
  2. Deurbring; manier hoe jy jou lewe leef.
  3. Bestuur; in beheer van iets wees.
  4. Iets tot gevolg hê.
  5. Met water natmaak (natlei).

     Voorbeeldsinne

  1. Hy lei die skape na die water.
  2. Ons lei 'n rustige lewe.
  3. Die dominee lei sy gemeente.
  4. 'n Swak ekonomie lei tot werkloosheid.
  5. Sy lei die akkers met voorwater nat.

     Verwante woorde

leier, aflei, afgelei, afleiding

     Homofone

ly

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: lead(en)
Nederlands: leiden(nl)
Enkelvoud Meervoud
  lei     leie  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Leisteen; donkergrys, laagvormige plat klip.
  2. Skryfplaat van leisteen gemaak.

     Voorbeeldsinne

2. Mens kan met 'n griffel op lei skryf.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: slate(en)
Nederlands: lei(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor lei.