Slegte weer.
Sien ook weër

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  weer     —  

  Uitspraak

    
(lêer)

  Woordafbreking

weer

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Temperatuur en ander atmosferiese toestande soos son, reën en wind.
  2. Onweer; weerlig.

     Voorbeeldsinne

  1. Dis die perfekte weer vir 'n piekniek.
  2. Die weer het ons motorhek uitgeslaan.

     Verwante woorde

weerdiens

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels weather(en)
Nederlands weer(nl)


Bywoord
weer

  Bywoord

     Betekenisse

Nog 'n keer; opnuut; op sy/haar/hulle beurt.

     Voorbeeldsinne

Ek moes maar weer die skottelgoed was.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels again(en)
Nederlands weer(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  weer 
Verlede Tyd  ek   het geweer        

  Werkwoord

     Betekenisse

Verdedig; verhinder/verhoed dat iets gebeur; belet; teëhou; afwend; keer.

     Voorbeeldsinne

Ons moet ons teen fopnuus weer.

     Verwante woorde

weerbaar, afweer

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels repulse(en)
Nederlands weren(nl)