Wiktionary:Nederlands

Nederlands

Spellingwysigings van 1934 (Nederland), 1946 (Vlaandere) en 1947 (Nederland) wysig

Daar het groot wysigings plaasgevind in hierdie tyd, eers net in Nederland, maar tydens die Tweede Wêreldoorlog het Nederland en België besluit tot een spelling en dit is in 1946 in België en in 1947 in Nederland amptelik ingevoer. Hierdie wysigings het gelei tot die publikasie van die eerste "Groene Boekje" in 1954 wat die nuwe spelling verder vasgelê het.

Buigingsuitgange wysig

Die vroeër spelling het uitgegaan van die grammatikale naamvalstelsel wat in die skryftaal eeuelank kunsmatig in stand gehou is, maar in die spreektaal net in 'n versameling idiomatiese uitdrukkings nog gebruik word. Die meeste buigingsuitgange soos die -n van die akkusatief manlike lidwoord den wat verplig was in die vroeër spelling het opsioneel geword en het daarna skielik verdwyn.

Dubbelklinkers is oop lettergrepe wysig

Spellings soos loopen of zoo is vereenvoudig na lopen en zo.

Slot-ch wysig

Die -ch-klank van woord soos bosch of vleesch was reeds eeuelank stom en is geskrap. 'n Uitsondering is gemaak vir die uitgang -sch, wat in Afrikaans -ies geword het. 'n Ander uitsondring is plekname soos Den Bosch, hulle is nie gewysig nie.

Rh, ph wysig

In woorde wat uit Grieks stam en wat "rh" bevat, is dit vereenvoudig tot "r", soos rhinoceros --> rinoceros.

In woorde wat in Grieks /Latyn met "ph" geskryf word, is dit vereenvoudig tot "f" soos sphagnum --> sfagnum.

Bastaardwoorde wysig

Nederlands het baie leenwoorde uit ander tale en veral uit Frans. Hieroor is taamlik gebaklei tussen Vlaminge wat dit het wil vernederlands en Nederlanders wat die Franse spelling het wil behou omdat wysiging moeilikhede is die onderwys van vreemde tale, veral Frans, sou veroorsaak. Daar is 'n voorkeurspelling en 'n toegelaten spelling ingevoer wat gewoonlik sterker vernederlands was.

Spellingswysiging van 1995 wysig

Hierdie wysiging het die "toegelaten spelling" van 1947/1954 afgeskaf en nuwe reëls vir die verbindings -e- of -en- van samestellings ingevoer.