arbeid
Afrikaans (af)
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
arbeid | — |
Woordafbreking
- ar•beid
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- (fisika) Kwantifisering van werk wat gedoen word; die inspanning wat dit verg om 'n voorwerp te verplaas.
- Harde werk; inspanning om iets te vermag.
- Mannekrag; werkers.
- Die resultaat van harde werk.
Voorbeeldsinne
- As 'n kragbron 'n konstante krag F lewer om 'n voorwerp oor 'n afstand s in die rigting van die krag te verplaas, dan is die arbeid W die produk van die krag en die afgelegde afstand: W = F•s.
- Ek het 'n volle dag se arbeid agter die blad.
- Dit is moeilik om geskoolde arbeid te bekom.
- Sy arbeid is in 'n oogwink verwoes.
Spreekwoorde
- Arbeid adel (werk veredel 'n mens).
Vertalings
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor arbeid.