'n Gat in 'n muur.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  gat     gate    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  gaatjie     gaatjies  

  Woordafbreking

gat

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Leë holte of opening in iets.
  2. (pejoratief) Agterstewe van 'n mens of dier.

     Voorbeeldsinne

  1. Weens besoedeling en ander faktore het daar 'n gat in die osoonlaag ontstaan.
  2. Sit op jou gat en bly stil!

     Afgeleide woorde

sinkgat, slaggat

     Spreekwoorde

«Daar is 'n gat in sy beursie.»
Hy gee sy geld gou uit.
«Een gat grawe om 'n ander te vul.»
Iemand benadeel om 'n ander te bevoordeel.
«Hy het vir elke gat 'n spyker.»
Altyd 'n antwoord reg hê.
«Hy praat my 'n gat in die kop.»
Hy praat my om.
«'n Gat vir iemand grawe en self daar inval.»
Iemand in moeilikheid lok, maar self daarin beland.
«'n Gedurige gedrup maak 'n gat in 'n klip.»
Voortdurende geneul kan later vrugte afwerp.

     Vertalings

  Vertalings:   Leë holte
Engels: hole(en), opening(en)
Frans: trou(fr) m
Nederlands: gat(nl)