Uitdrukking:

Jou mantel na die wind draai/hang (ook “manteldraaier”)

Betekenis:

Jou op beginsellose wyse na omstandighede skik.

Waar kom dit vandaan?

Iemand wat sy mantel na die wind draai, is altyd beskut daarteen. In figuurlike sin beteken dit dus om so op te tree dat jy altyd aan die wenkant is, al verander omstandighede ook teen jou beginsels.

Bron