Uitslag van masels.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  uitslag     uitslae    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  uitslaggie     uitslaggies  

  Woordafbreking

uit•slag

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Resultaat, punte, afloop of gevolg van gebeure (soos 'n toets of wedstryd).
  2. (medies) Rooierige kolletjies of puisies op die vel; uiterlike sigbare siekteverskynsel van die huid.
  3. (boukunde) Skimmel of salpeter teen mure.

     Voorbeeldsinne

  1. As daar ná ekstra tyd nog nie 'n wenner is nie word ander metodes gebruik om 'n uitslag af te dwing.
  2. 'n Dag nadat die knoppies verskyn het, ontwikkel die kind uitslag wat agter die ore begin en oor die wange, nek en bors versprei.

     Vertalings

  Vertalings:    uitslag
Engels: result(en), issue(en), event(en), mouldiness(en), eruption(en)
Nederlands: uitslag(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  slag uit   
(in bysin)   ... dat ek  uitslag 
Verlede Tyd  ek   het uitgeslag        

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Diep uitsny.
  2. Deur slag verwyder.

     Voorbeeldsinne

  1. Die abses is uitgeslag.
  2. Die bees het goed uitgeslag.

     Vertalings

  Vertalings:    uitslag
Engels: cut(en), butcher(en)
Nederlands: uitslag(nl)