'n Vrou wat op 'n wa ry.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  wa     waens    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  waentjie     waentjies  

  Uitspraak

Hulp:IPA: [vɑː]
    
(lêer)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Tradisionele vervoermiddel met vier wiele wat deur 'n span trekdiere voortbeweeg word.
  2. 'n Deel van 'n trein; spoorwa; treinwa.

     Voorbeeldsinne

  1. Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wamaker was.[1] Die sweep het geklap en die wawiele draai agter die rooispan aan (w:Trekliedjie).
  2. Die eetsaal is in die derde wa.

     Hiponieme

ossewa, perdewa, bokwa, vangwa, woonwa.

     Spreekwoorde

Die wa voor die osse span (agterstevoor wees).
Voor op die wa wees (vrypostig wees; jouself voorop stel).

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: wagon(en), carriage(en)
Nederlands: wagen(nl)

  Verwysings

  1. ~ C.J. Langenhoven