Afrikaans (af)

  Uitspraak

    
(lêer)
Enkelvoud Meervoud
  waarde     waardes    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  waardetjie     waardetjies  

  Woordafbreking

waar•de

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (ekonomie) Hoeveel iets in geld werd is; opbrengs wat 'n item of diens (kan) behaal as dit verkoop word.
  2. Die nut of belang van iets; wat iets belangriks beteken.
  3. Morele of godsdienstige opvatting oor wat reg en verkeerd is.
  4. (wiskunde) Die hoeveelheid wat deur 'n veranderlike voorgestel word.

     Voorbeeldsinne

  1. Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Wat is die waarde van die eiendom?
  2. Die Wikiwoordeboek poog om vir sy gebruikers van waarde te wees.
  3. Etiek is die studie van morele waardes en gebruike uit 'n filosofiese oogpunt.
  4. Bereken die waarde van x in die onderstaande vergelyking.

     Spreekwoorde

«Dis van nul en gener waarde
Betekenisloos; dra geen gewig nie; sonder enige waarde.

     Vertalings

  Vertalings:    waarde
Engels: worth(en), value(en)
Nederlands: waarde(nl)