Bespreking:leem

Jongste opmerking: 6 jaar gelede deur Naudefj

Ek het plasties --> kniebaar gemaak. Op wiki word "plasties" nogtans in hierdie betekenis gebruik. Jcwf (kontak) 16:15, 9 Januarie 2018 (UTC)Beantwoord

Is leem altyd vrugbaar? Ek weet die HAT sê dit, maar die probleem is dat dit baie swaar is en geen water deurlaat nie. Hier in NC kan dit 'n probleem vir die landbou wees, moontlik minder in Suid-Afrika omdat dit so droog is daar. In Nederlands is (kei)leem baie gebruik om dyke waterdig te maak.Jcwf (kontak) 16:21, 9 Januarie 2018 (UTC)Beantwoord
Jy vra my?
Ja, natuurlik! Is jy nie 'n regte Boer nie?? ;-)
'n Boer, Afrikaner, Hugenoot, persoon wat makliker in Java en Python as Afrikaans of Engels kommunikeer, en sommer 'n klomp ander goed, maar nie 'n boer nie... Jammer!
Volgens Pharos is dit 'n losserige en maklik bewerkbare grond :-) Volgens die WAT: "Leem is feitlik vir alle soorte gewasse geskik". En in HAT6: "slik- en humusryke sanderige grond". Groete. Naudefj (kontak) 16:25, 9 Januarie 2018 (UTC)Beantwoord
Hmm... Het die semantiese inhoud regtig verander? Dit is natuurlik moontlik... Maar ek is ook geen boer nie. Soms is leksikografie taamlik moeilik, veral as dit vakterme betref.

Jcwf (kontak) 18:20, 9 Januarie 2018 (UTC)Beantwoord

Miskien omdat mens verskillende tipes leem kry: kleierige leem-, slik leem- en fyn sanderige leemgrond.[1] Ek neem aan die kleierige soort is meer algemeen in Europa, terwyl die sangerige soort algemeen in Afrika voorkom. Naudefj (kontak) 18:41, 9 Januarie 2018 (UTC)Beantwoord
Terug na "leem"-bladsy.