Argief

Prima! wysig

Prima. Let's call it a night. Ek wil eers bietjie verdere beplanning doen.

Dit lyk ideaal. Toevallig het ek ook iets "malum" in my kop gehad. Ek weet nie hoekom nie.

Ek gaan môre begin met woorde wat in Lexis latina opgeneem is. Dit was slegs 1 500 woorde, sonder enige uitgange. Die kernwoordeskat. Die rekenaarprogram wat in die 1980's geskryf is vir Suid-Afrikaanse universiteite op Turbo Pascal, maak ook slegs van hierdie boekie gebruik. Later sal ek uitbrei na Beknopte Woordeboek (1975, 350 bladsytjies) en uiteindelik Van Wageningen. Ek wil nog uitvind waarom Kaap Bon in Tunisië bekend gestaan het as promunturium Mercurius. Suidpunt (kontak) 18:09, 6 November 2016 (UTC)Beantwoord

Ons sien uit na jou bydraes! Groete. Naudefj (kontak) 16:25, 2 Oktober 2017 (UTC)Beantwoord

deklinasie (verbuiging) van verkleinwoorde wysig

Hallo Jcwf.

Ek het ondervind nogal probleme om lupulus (wolfie) en lupula (wolvinnetjie) te verbuig volgens die nominatief, genitief, akkusatief, vokatief en ablatief. Sowel in die enkelvoud as in die meervoud.

Kan jy my dalk help? Suidpunt (kontak) 18:49, 14 November 2016 (UTC)Beantwoord

Ek dink dit gaan soos deklinasie II -us en I -a
lupulus - lupuli
lupuli - lupulorum
lupulo - lupulis
lupulum - lupulos
lupule! - lupuli!
lopulo - lupulis
Oorigens dink ek dat lupa, lupulus en lupula elk hul eie lemma verdien, natuurlik met 'n skakel daarheen.
Baie, baie dankie! Ek sal ook so maak. Ek wil graag elke deklinasie van wolf (manlik, vroulik, ens.) min of meer op een blad kry, en dan uitsprei. Suidpunt (kontak) 19:08, 14 November 2016 (UTC)Beantwoord

Kandidate vir spoedige verwydering wysig

Administrateur wysig

Hallo Jcwf, jy tans is die enigste administrateur en burokraat op hierdie wiki. Ek het aansoek gedoen vir regte op Wiktionary:Sysopkandidatuur en sal waardeer as jy my in die proses kan ondersteun. By voorbaat dank. Naudefj (kontak) 16:15, 2 Oktober 2017 (UTC)Beantwoord

laat wysig

Kyk asb na laat. Dit bevat 'n ongedefinieerde sjabloon {{nl-tps}}. Groete. Naudefj (kontak) 05:31, 7 November 2017 (UTC)Beantwoord

"Anh" is a shortened form of "(thuộc) Anh", "(của) Anh" or "nước Anh" wysig

"Anh" and "anh" are words that same pronunciation but are written differently, also having different meanings in Vietnamese language. "Anh" is a shortened form of "(thuộc) Anh", "(của) Anh" or "(thuộc) tiếng Anh". I just edited the Vietnamese translation. NHHP (kontak) 16:03, 11 November 2017 (UTC)Beantwoord

Kategorie in artikels. wysig

Kyk asb. na leerlooierij. Daar is iets fout met sjablone soos {{-s.nw-|nl}}. Groete. Naudefj (kontak) 18:15, 17 November 2017 (UTC)Beantwoord

Vert-sjabloon wysig

Ek wil graag {{vertxx}} uitfaseer en met {{vert}} vervang. Ek sien jy verkies om die Cyrillies eerder as die transliterasie te vertoon. Ek stel voor ons verander die sjabloon, in plaas daarvan om die transliterasie weg te gooi. Sal dit reg wees met jou? Groete. Naudefj (kontak) 07:22, 10 Desember 2017 (UTC)Beantwoord

Indien jy net die translit vertoon word die skakel rooi en werk ook die skakel na die Russiese wikti nie meer nie. Transliterasies is sekundêre inligtings. Die meeste wikti's vertoon dit glad nie, of nie in die vertalings nie. Maar as jy {{vert}} wil verbeter: pragtig. Jcwf (kontak) 15:29, 10 Desember 2017 (UTC)Beantwoord

Hoe maklik was dit om 'n tikmasjien (schrijfmachine) in die 1930's-1940's (of selfs later) te bekom? wysig

Voorspoedige Nuwejaar! (Ja, mens kan dit nog tot einde Januarie sê...)

Ek is besig om 'n drama te skryf (wel, ek het immers nie verniet letterkunde studeer nie!) en nou het ek raad nodig. Hoe maklik was dit om 'n tikmasjien te koop? Selfs in die 1960's tot 1980's? Dit is vir my moeilik om vas te stel hoeveel maande se spaar dit sou kos vir die gemiddelde mens om 'n tikmasjien aan te koop. Selfs vir geleerdes. Veral vir geleerdes, stel ek in belang.

Die presiese prys weet ek ongelukkig nie meer nie, maar ek het as grad student self in die 70s eentjie gekoop. f150.- of so. My pa het in die 50s een gehad. Dit was toe duur maar nie onbekostigbaar nie en hulle het baie jare goed gebly. Ek het as kind met my pa se tikmasjien gespeel en dit was ok. En nee ons was nie ryk nie. In die oorlogsjare 40s was alles onbekostigbaar of liewer: onverkrybaar. Selfs brood. Mense het verhonger. Die 30s was krisisjare. Mense het dikwels geen werk gehad nie, maar mense wat 'n job gehad het het dalk 'n tikmasjien kan bekostig.

Volgens ons Eeufeesboeke van die kerke was 'n tikmasjien amper 'n luukse, soos dit my lyk. Ek het met 'n paar van ons seniors gepraat wat wel deur die universiteit was, en elkeen sê teen die 1980's was 'n tikmasjien onder 'n R1 000,00.

Volgens Amazon.de: "Joseph Goebbels führte seit 1923 durchgehend Tagebuch, die ersten Jahre handgeschrieben, dann diktiert in Maschinenschrift." Maar nou ja, hy was in die bevoorregte posisie om al die land se bronne tot sy beskikking te hê. In Nederland lyk dit my het 'n tikmasjien teen 1936 omtrent tussen f200 en f365 gekos. Volgens hierdie advertensie van 1913 was 'n tikmasjien 375 Frank in Frankryk.

Nou Anne van der Bijl, of Broeder Andrew, skryf hy het van 'n "antieke tikmasjien" gebruik gemaak in die 1950's. Met die ruim skenkings wat hy ontvang het, kon hy seker 'n oertipe bekostig om Godswerk te doen. Maar 'n ander sendeling, Dr. Kurt Koch van Duitsland, het weer in sy boek oor Indonesië (1972 en vroeër) geskryf hoe hy nou heel rustig in Indonesië met 'n tikmasjien sit en skryf. En tog, lees mens die fiksieboek Dracula deur van 1897, skryf Mina wel met 'n tikmasjien (haar eie?). Mina is wel 'n onderwyseres, wat dit nou eers vreemd laat lyk.

Dit wil dus vir my lyk of tikmasjiene oor die algemeen, veral in die 1940's, maar ook teen die eeuwending en tot in die 1980's, onbekostigbaar vir Jan Alleman was. Slegs firmas sou hierdie toestel aankoop. Ek neem aan hierdie mense sou dus van snelskrif gebruik gemaak het indien hulle haastig iets moes neerskrywe?

Ek kry die idee mens het jou manuskrip geskryf en spesiaal na 'n tikster toe gegaan wat die werk vir jou sou oorgetik het. Hoe was dit in u jare toe u die verhandeling en proefskrif voltooi het?

Ja ek het 'n tikster betaal. Die rede was nie die masjien nie. Dit het taamlik vaardigheid geëis om foutloos te kon tik. Mense het tiklesse gevolg om dit te leer daarmee 'n job te kry. Hoe dikwels gebruik jy die backspace op jou rekenaar? Dit het nie bestaan op 'n tikmasjien nie... Later het die flessies met wit korrigeeroplossing gekom maar dat is 80s of so. Hulle was taamlik giftig. Toe ek in die industrie gewerk het het die veiligheid hulle mense gemonitor vir blootstelling aan chemikalieë. Die sekretaresse het die grootste blootstelling getoon... (Dankie Typex...)
Snelskrif is 'n ander vaardigheid wat nog minder mense goed beheers het. My suster het dit probeer om te leer en ek het 'n bietjie meegedoen. Dit was soos viool of fluit leer speel. Dit is gebruik om briewe te dikteer. Baas praat, sekretaresse snelskryf, gaan weg om dit uit te werk en uit te tik. Masjientjies om geluid op te neem het bestaan, maar hulle was groot onhandig duur en taamlik sleg.

Terloops, die woord "tikmasjien" bestaan reeds in 1936.Suidpunt (kontak) 09:42, 7 Januarie 2018 (UTC)Beantwoord

pal wysig

Goeiemôre vanuit Suid-Afrika

Ek kom hierdie week op die volgende by | etymologiebank.nl af op Van Wyk (2003):

1. Sonder om te beweeg. 2. Voortdurend, aanhoudend.
2. In bet. 1 uit Ndl. pal (1611 - 1620). Bet. 2 het in Afr. self ontwikkel. Bet. 2 ('aanhoudend') volg logies uit bet. 1 ('onbeweeglik'). Eerste optekening in Afr. in bet. 2 by Pannevis (1880).

Ek dink Van Wyk vergis hom sterk. Want kyk hierna.

Ek het trouens 'n gedrukte kopie van Erewoord (2010), geskryf deur die Vlaming Pieter Aspe, hier reg voor my. Op bl. 123 staan daar:

De motorrijder in kwestie kwam pal naast hem tot stilstand.

In Afrikaans sê ons:

Jy is pal laat! (jy kom gedurig laat)

Is pal 'n gebruiklike bywoord in Nederland-Nederlands? Indien wel, sal ek 'n woordeboekinskrywing moet maak wat hierdie fout korrigeer. Die Nederlandse Wikiwoordeboek maak geen vermelding van die gebruik as bywoord. Suidpunt (kontak) 08:47, 12 Februarie 2018 (UTC)Beantwoord

Ja, dit word gebruik as 'n intensief met "naast" of met "bovenop" pleks van "vlak naast", of in die uitdrukking "pal staan voor iets", maar dit is nie so volop nie. Jcwf (kontak) 14:23, 12 Februarie 2018 (UTC)Beantwoord
Kyk ook: WNT

Ek sukkel hard om te fokus wysig

Hallo oom Jaap, ek het 'n vraag.

Ek het vandag na die volgende gekyk:

Siteviews: Franse Wiktionary vs. Duitse Wiktionary.

Dis eintlik ironies, aangesien die Duitse Wikipedia duidelik meer bladtrekke kry as die Franse Wikipedia. Hier is die Wiktionaries net mooi omgekeerd - die Duitse Wiktionary kry minder aftrek as die Franse weergawe.

Die Franse het eintlik met wikiwoordeboek begin en die Franse een was lank die grootste gewees. Ek vind dit ook duidelik beter as die Duitse een.

Waaroor ek eintlik skryf is hierdie. Dit is baie duidelik dat vreemde woorde selde, indien ooit, op die Wiktionaries aandag trek. Ook die Afrikaanse Wiktionary is geen uitsondering nie. Hier sien ons die Afrikaanse woorde tel nie 'n duit op die Franse Wiktionary nie, Nederlands 'n bietjie, maar Frans steeds die meeste. Dieselfde beginsel geld ook op die Afrikaanse Wiktionary.

Die krag van 'n wikiwoordeboek is seker in sy tuistaal. Indien jy meer bladtrekke wil, moet jy veral jou eie taal goed gaan beskryf. Maar moenie vergeet dat die krag van 'n taal lê in wat jy met hierdie taal vermag. Bestaan daar 'n tweetalige vakwoordeboek Afrikaans-Hindi in elektronika? Ek betwyfel dit. Die Afrikaanse wikiwoordboek kan dit (ook!) wees indien ons vertalings in Hindi toevoeg. Dit is 'n versterking van Afrikaans, want jy brei die moontlikhede van Afrikaans en daarmee sy krag uit.

Dit vind ek jammer, want kyk jy byvoorbeeld na Massviews:Deens is daar so te sê niemand wat die blaaie besoek het nie.

Moet ons dus die Afrikaanse Wiktionary amper 'n soort tweede WAT maak, of mag ons tweetalige woordeboeke begin? Waarin vreemde woorde juis op die Afrikaanse Wiktionary geskryf word?

Ek dink dat ons meer as net tweetalig is. Die papierwoordeboeke het altyd beperk gewees tot net een of twee dimensies. Ons is multidimensionaal.

Ek bedoel, hoe voel die Nederlanders oor Wiktionary, juis nou dat die Woordenboek der Nederlandsche Taal vryelik beskikbaar is?

Hoe "die Nederlanders" voel weet ek natuurlik nie, maar ek self voel dat die WNT min waarde vir die huidige taal het. Hulle het gesukkel om die taal tot 1925 te beskryf en dit nie klaargekry nie omdat hulle die onmoontlike idee gehad het om alles wat geskryf is te wil ondeersoek. Geskiedkundig is die WNT pragtig, maar dit was reeds agterhaal toe dit verskyn het. Dit is waarom hulle dit gratis gemaak het.

Die vraag is ook: watter taal? Wat Latyn betref is daar mos reeds Latynse Woordeboeke ruim beskikbaar by archive.org. Dit is onnodig om alles oor te tik. Of nie? Waarom nie eerder fokus op woordeboeke wat glad nie bestaan nie, soos Afrikaans-Deens? Maar kyk mens nou weer na die bladtrekke van Deens, lyk dit na suiwere tydverspilling. Soveel soos Deens mens se aptyt wek, word mens konfronteer met 'n ander duiwel: moet mens fokus op tale waar die meeste inligting te vinde is? En waarom my tyd mors met Deens as ek dan so graag Latyn wil leer? Russies se bladtrekke is skokkend min! Skokkend.

Hoekom is did is skokkend? Ons het noulik iets in daardie taal en daar is min Afrikaanses wat dit kan lees. Wat Deens betref ka jy hier jou eie woordeboek Deens-Afrikaans maak, as ky die kennis besit. Skryf net meer Deense vertalings en Deense lemma's of verbeter net wat ons reeds het. Jy kan ook meer Afrikaans op da.wikti inbreng. Moenie verwag dat daar onmiddellik derduisende bladtrekke gaan kom nie, beide is mos klein tale, maar dit seker 'n nuttige bydrae sowel aan Afrikaans as aan Deens.

En Latyn? So.

Nou waar moet mens dan op fokus? Dit lyk my mens se edele pogings om kultuurbande te bou word telkens deur die afwesige gebruikers/besoekers in die wiele gery. Suidpunt (kontak) 10:28, 27 Februarie 2018 (UTC)Beantwoord

Die besoeke is karig want die inhoud is skraps. Die Afrikaanse Wiktionary is besig om sy kop op te tel, maar daar is nog baie werk nodig om van enigiets beduidends te praat. Terloops, ons kan maklik tweetalige woordeboeke van die inhoud genereer, kyk byvoorbeeld na die proefneming. Groete. Naudefj (kontak) 12:34, 27 Februarie 2018 (UTC)Beantwoord
Ja, ons tel ons koppie op maar dit is nog baie min. Ander wikiwoordeboeke het jarelank voorsprong op ons. Maar kyk na die toekoms: daar is 4000 tale of soiets in die wêreld. Die meeste daarvan gaan hierdie eeu sterf. Daar is net 75 wat hulle wikiwoordeboekkoppie optel. Ek dink dat hulle uiteindelik gaan oorleef. Nederlands is daar een van. Afrikaans? Dit hang nog. Wil jy dit? Veg dan en hou op met jeremieer. Jcwf (kontak) 13:29, 27 Februarie 2018 (UTC)Beantwoord
Jammer prof. Jaap as ek te veel geklink het asof ek die snotpsalm aanhef, dit was nie die bedoeling nie.
Baie, baie dankie oor die kommentaar van die WNT, dit laat my sommer ontsaglik beter voel. Ek het heeltyd gedink die taal is nou so goed soos afgehandel - dat 'n Nederlandse Wiktionary totaal onnodig is. En as mens met dieselfde oog na die WAT kyk, wel...
Ek het eintlik probeer, wat is die woord nou weer, optimaliseer: om die krag op die regte plekke aan te wend. Ek het nou 'n aartjie raakgeboor met "intensiewe vorme" en toe is die oomblik "wow!".
Om ex ungue leonem te vertaal met die boom aan sy vrugte ken en ek ken 'n muishond aan sy reuk sal nogal sports wees. Nou die dag het ek met die Frans ...un simple animal in Afrikaans vertaal met ...'n stomme dier. Toe wonder ek: sou die Nederlandse woordeboeke hieroor geskryf het? Linguee.nl bevat dit nie, context.com bevat dit nie, die grootste Collins bevat dit nie...
Besondere dank ook aan Frank, ek sal beslis kyk of ek nie 'n soortgelyke "proefneming" kan begin nie. Dit is net waarna ek soek! Suidpunt (kontak) 15:19, 27 Februarie 2018 (UTC)Beantwoord
Dat jy jou keuses goed wil bepaal is natuurlik tereg, Suidpunt, maar besluiteloosheid is minder goed. Jy kan mos altyd begin om iets te doen en later nog besluit dat dit anders moet wees. Denk terwyl jy werk? Of gewoon besluit dat iets ander lekkerder vir jou is. Dit is ook belangrik vanweë die motivasie wat ieder mens nodig het. Nog 'n ander oorweging: om 'n ander mens se taal leer is 'n groot daad van vrede, omdat jy baie moeite doen vir mense wat jy nog nie eenmaal ontmoet het nie. Dit maak baie deure oop, veral as jy 'n klein taal leer, soos Deens wat gespreek word deur mense wat dit glad nie van jou verwag nie. Afrikaans is nie die geliefdste taal in Denemarke nie. Die apartheid hulle het dit taamlik gehaat gemaak en daarmee groot skade aan jou taal gedoen. Dit beroof Afrikaners/Afrikaanses van hulle stem in die wêreld. Dus, as jy Afrikaans bydra op da.wiktionary (of Deens hier) dra dit by aan 'n wysiging en verbetering van die imago van jou taal en volk. Afrikaans het dit broodnodig. Dene kan goed begryp dat jy jou eie taal wil behou. Hulle wil dit mos ook. Jcwf (kontak) 16:16, 27 Februarie 2018 (UTC)Beantwoord

Waarom is Nederlanders tog so krities op hul (tradisionele) kultuur? wysig

Ek het miskien 'n vragie vir Quora.com, wat u miskien daar kan gaan plaas en antwoord.

Prof. Jaap, jammer dat ek so lank afwesig was, maar ek moes eers 'n dramateks pos vir 'n kompetisie. Geen mens kan binne 3 maande (Maart-Julie) 'n dramateks bedink nie, daarom het ek sommer in Desember begin. Met so bietjie "Gedierte van Gévaudan" tussenin.

Maar om nou terug te kom na die vraag. Heel onlangs lees ek in The Guardian, die moan-blad van die Britte, Dutch literature: lost to English translation. Nou volgens hierdie stukkie teks van verlede jaar is die grootste probleem dat die Nederlanders nie eers hul eie werke kan lees en waardeer nie. Volgens hierdie blad moet so te sê al hierdie "Nederlandse" tekste van die 1700's eers "hertaal" word na die jaar 2018.

Maar 7 Maart 2018 was ek op Struisbaai en het vir my daar 'n boek deur Adriaan van Oordt, Warhold (Eerste deel, derde druk) gekoop. Kennelik was dit 'n voorgeskrewe boek in 1930 in Kakamas. Nou gaan mens na die Nederlandse Wikipedia, staan daar:

Zijn beide historische romans, Irmenlo (Amsterdam, 1896) en Warhold (Amsterdam, 1906), die zich in de middeleeuwen afspelen, zijn door hun gedateerde mooischrijverij en impressionistische breedsprakigheid voor de moderne lezer nauwelijks meer te verteren.

En ek is seker kinders is mal oor Geoffrey Chaucer oor sy breedsprakige Engelse taal?

Nêrens vind ek die kritiek op die Nederlandse kultuur so snedig soos op Derek & Brandon Fiechter se "Traditional Dutch Music - Dutch Windmills".

Voorbeelde van kommentaar:

  • Ik ging helemaal stuk toen ik het hoorde
  • Wat een kutzooi.... Waarom kunnen we niet iets cools hebben als de scandinaviers of slavs ofzo
  • Sounds like something from the Efteling. A famous dutch amusementpark
  • Wat een kut herrie (123 duimpies)

Maar laat ons dan nou luister na Swedish Folk Music - Swedish Meadow.

En die Swede is gaande daaroor!

Laat ek dit duidelik maak: die Fiechters is Duitsers. Hulle musiek is hoe hulle die lande vind. In hierdie geval, die tradisionele kultuur.

Ek kan geen verskil insien tussen hul Sweedse en die Nederlandse interpretasie. Ek sal selfs sê die Nederlandse lied het vir my meer elegansie [veral met die 'viool' en 'fluit'; steeds beter as André Rieu] en is minder eentonig as die Sweedse een [daar is wel 'n ligte 'hemelse' eggobeweging in die Sweedse lied waarvan ek hou].

Oor die Romantic French Music:

As a French person, I'm glad to see that Paris and France still continue to be a source of inspiration, even if it's a little bit "cliché"  ;) Unfortunately, we don't listen this kind of music in Paris today, or rarely. (But it's still a nice city if you avoid the subway ^^). For all the foreigner who will read me: There are plenty other beautiful towns, where people are kinder (and speak a better English than me!). Thanks a lot for this music!

Geen snedigheid ter sprake. Ek dink hierdie musiek herinner juis aan die Goue Jare van Frankryk...

Kyk, as jy boeremusiek speel as tradisionele "Afrikanermusiek", sal ek geen kritiek lewer nie. Ek besit wel geen CD's of MP3's van boeremusiek nie [want ek het Vivaldi, Mozart, Beethoven of soortgelyke moderne musiek soos TheFatRat ('Monody'), Lindsey Stirling ('Shadows'), Karl Richter (kerkkore), Jan Cyrka ('Golden Sky'), Enya ('Flora's Secret' is my gunsteling), Vanessa-Mae (Contradanza), dreunsang (Lesiëm: 'Fundamentum'), The Glitch Mob ('Warrior Concerto'); soms luister ek ook Faun se 'Tanz mit mir' ens.], maar ek aanvaar dit so. Konsertina, viool, saag, bekfluitjie - dis doodgewoon.

Is dit maar omrede die Swede nooit in 'n kolonie was dat hul meer "blinde volkstrots" (nie te verwar met Nasionalisme!) het as die Nederlanders wat na afloop van die Goue Eeu 'n volle onderdompeling van die Franse kultuur en toe Amerika gekry het? Met die bygedagte dat Nederlandse kultuurgoed 'nooit goed genoeg is nie'? Waarom dan anders die skaamte vir hierdie Rorschachtoets? Of is die Nederlanders sulke pragmatiste 'IN OVERDRIVE' dat kultuurvorming vir die voëls is?

PS. Die Ierse musiek en Duitse a cappella-kerkkore in Latyn/Duits (as 'tradisionele Europese kultuur') bly my gunsteling. Naas die klank van harde reën en donderweer.Suidpunt (kontak) 19:53, 15 Maart 2018 (UTC)Beantwoord

Zucht... Ik begrijp het ook niet. Ik heb mijzelf enige tijd bezondigd aan Nederlandse volksmuziek, zelfs opgetreden. Ja, ik was toen jong en naïef. Ik herinner me een optreden in een straatfestival. Ons groepje speelde een instrumentale intro en er stonden een heel stel jochies van zo'n 12-13 jaar gefascineerd te luisteren. Totdat we begonnen te zingen en bleek dat het Nederlands was. Toen renden ze smalend weg. Dit was rond 1980
Nederland lijdt onder een weg-met-ons-cultuur, hoewel ik de indruk heb dat het sinds de jaren negentig langzamerhand wat beter wordt. Voor die tijd (van 1960-1980) was Nederlandse muziek vrijwel dood. Als het geen Engels was, was het dus minderwaardig. Sinds 1990 of zo zijn er toch weer artiesten gekomen die Nederlands zingen en daar flink populair mee worden. Een tijdlang werd er ook in een aantal dialecten gezongen.
Met de Nederlandse wikipedia en later wikiwoordenboek hebben we hier ook flink slag moeten leveren. Mensen -Nederlanders!- kwamen ons in het begin vertellen dat het allemaal toch niet zou lukken en overbodig was omdat het in het Engels er allemaal al was (Ook al was dat vaak niet zo..) Soms werden mijn bijdragen geschrapt omdat ze het verhaal in het Engels niet konden vinden en het dus fout moest zijn. Ik heb zelfs soms verhalen eerst maar op en.wiki geschreven en daarna 'vertaald' om niet geschrapt te worden... Toch zijn de Nederlandse wiki en wikti nu onder de grootste van het wikiversum. En eigenlijk zijn Nederlanders best trots op hum cultuur. Dat willen ze echter vaak onder geen enkel beding toegeven.
Hoe het komt? Voor een deel is het een reactie op de zelfgenoegzaamheid en arrogantie van Nederland-vóór-1940. We dachten toen dat ons leventje op de twee peilers van de "ethische politiek" in ons koloniaal bezit (Indië) en neutraliteit voor altijd wel goed zat. De heren Hitler en Soekarno hebben daar binnen een tiental jaren volledig, maar dan ook volledig een streep door gezet en onze elite / leiderschap wist daar geen enkele raad mee. Dit heeft een gigantische authoriteitscrisis veroorzaakt die vooral in de jaren zestig bijna beeldenstormachtige vormen aannam. Al het oude was fout en moest weg. Sindsdien zoekt Nederland naar een nieuwe balans en is daar vaak erg zelf-destructief in.

Jcwf (kontak) 21:09, 15 Maart 2018 (UTC)Beantwoord

Share your experience and feedback as a Wikimedian in this global survey wysig

WMF Surveys, 18:36, 29 Maart 2018 (UTC)Beantwoord

Reminder: Share your feedback in this Wikimedia survey wysig

WMF Surveys, 01:34, 13 April 2018 (UTC)Beantwoord

Your feedback matters: Final reminder to take the global Wikimedia survey wysig

WMF Surveys, 00:44, 20 April 2018 (UTC)Beantwoord

Taalgebruik wysig

Blykbaar is jcwf / Oom Jaap / Prof Jaap die arrogante diktator-stert wat die kat in hierdie wiki swaai.

'n Mens loop hulle op die eienaardigste plekke raak.

Sy taalgebruik is waarskynlik die rede hoekom hierdie wiki in die hartseer toestand is wat dit is.

How we will see unregistered users wysig

Hi!

You get this message because you are an admin on a Wikimedia wiki.

When someone edits a Wikimedia wiki without being logged in today, we show their IP address. As you may already know, we will not be able to do this in the future. This is a decision by the Wikimedia Foundation Legal department, because norms and regulations for privacy online have changed.

Instead of the IP we will show a masked identity. You as an admin will still be able to access the IP. There will also be a new user right for those who need to see the full IPs of unregistered users to fight vandalism, harassment and spam without being admins. Patrollers will also see part of the IP even without this user right. We are also working on better tools to help.

If you have not seen it before, you can read more on Meta. If you want to make sure you don’t miss technical changes on the Wikimedia wikis, you can subscribe to the weekly technical newsletter.

We have two suggested ways this identity could work. We would appreciate your feedback on which way you think would work best for you and your wiki, now and in the future. You can let us know on the talk page. You can write in your language. The suggestions were posted in October and we will decide after 17 January.

Thank you. /Johan (WMF)

18:10, 4 Januarie 2022 (UTC)