Bespreking:lug

Jongste opmerking: 6 jaar gelede deur Naudefj

Ek dink nie die meervoud "lugte" word gebruik nie. Miskien in obskure tekste? Groete. Naudefj (kontak) 20:44, 6 Januarie 2018 (UTC)Beantwoord

Ek weet nie of gedigte obskuur genoem moet word nie:

Dan uit die donker vleie styg
met hees geskreeu die pikswart ry,
en oor die rustig-diepe kuile reis
die ganse met hul heimweeroep verby,
verby na verre lugte waar die vuur
van weggekwynde sonlig
’n oogwenk bang nog duur …

Ander voorbeelde wat ek kan vind nogtans almal poëties:

  • U wolkewa trek deur die lugte, sy spore drup van vet. Psalm 65
  • Hoe het my hart opgelewe by die gedagte om in die eie Vaderland oor skoonheid te getuig, skoonheid onder hoë lugte van onmeetlike ruimte of in gryse neerslagtigheid ontstaan, skoonheid onder die mensdom en hul wee.. Die nuwe brandwag 1930
  • Oomblikke later skeur ‘n reep
    deur daardie donker lugte

en dit reën
met ‘n geluid soos van ‘n sluis wat oopgedraai word
wyd omheen. Harald Thiede

Geldige punt, dankie vir die aanhalings. Dit het dus as 'n rymwoord inslag gevind :-) Groete. Naudefj (kontak) 07:23, 7 Januarie 2018 (UTC)Beantwoord
Terug na "lug"-bladsy.