Afrikaans (af)

Die Wikiwoordeboek-span aan die Universiteit van Namibië (UNAM) bestaan uit die personeel en studente van die Vakgroep Afrikaans aan UNAM. Die Span is deel van UNAM se Wikiwoordeboek-projek.

Die Span se werkswyse is om Wikiwoordeboek-artikels wat in die klas ter sprake kom te evalueer en aanpassings te maak waar dit nodig geag word, of om artikels te skep as leksikale items wat ter sprake kom nie opgeneem is nie. Wikiwoordeboek-artikels word in alle klasse in die Vakgroep bespreek.

Die Span stel die volwasse tweedetaalspeker van Afrikaans as potensiële teikengebruiker van Wikiwoordeboek voorop. Daarvolgens is die strewe om veral komplekse inligting in die eenvoudigste moontlike vorm aan te bied. Dit geld primêr vir betekenisomskrywings (woordeboekdefinisies), voorbeeldsinne, en grammatiese en pragmatiese inligting. Die ideaal is dat ook eerste- en tweedetaal-hoërskoolleerders nut sal kan put uit die werk.

Die Wikiwoordeboek-projek aan UNAM staan onder leiding van prof. Herman Beyer.