Content deleted Content added
Lyn 60:
 
Ek is besig om 'n drama te skryf (wel, ek het immers nie verniet letterkunde studeer nie!) en nou het ek raad nodig. Hoe maklik was dit om 'n tikmasjien te koop? Selfs in die 1960's tot 1980's? Dit is vir my moeilik om vas te stel hoeveel maande se spaar dit sou kos vir die gemiddelde mens om 'n tikmasjien aan te koop. Selfs vir geleerdes. Veral vir geleerdes, stel ek in belang.
 
::Die presiese prys weet ek ongelukkig nie meer nie, maar ek het as grad student self in die 70s eentjie gekoop. f150.- of so. My pa het in die 50s een gehad. Dit was toe duur maar nie onbekostigbaar nie en hulle het baie jare goed gebly. Ek het as kind met my pa se tikmasjien gespeel en dit was ok. En nee ons was nie ryk nie. In die oorlogsjare 40s was alles onbekostigbaar. Selfs brood. Mense het verhonger. Die 30s was krisisjare. Mense het dikwels geen werk gehad nie, maar mense wat 'n job gehad het het dalk 'n tikmasjien kan bekostig.
 
Volgens ons Eeufeesboeke van die kerke was 'n tikmasjien amper 'n luukse, soos dit my lyk. Ek het met 'n paar van ons seniors gepraat wat wel deur die universiteit was, en elkeen sê teen die 1980's was 'n tikmasjien onder 'n R1 000,00.
Line 70 ⟶ 72:
 
Ek kry die idee mens het jou manuskrip geskryf en spesiaal na 'n tikster toe gegaan wat die werk vir jou sou oorgetik het. Hoe was dit in u jare toe u die verhandeling en proefskrif voltooi het?
 
::Ja ek het 'n tikster betaal. Die rede was nie die masjien nie. Dit het taamlik ''vaardigheid'' geëis om foutloos te kon tik. Mense het tiklesse gevolg om dit te leer daarmee 'n job te kry. Hoe dikwels gebruik jy die backspace op jou rekenaar? Dit het nie bestaan op 'n tikmasjien nie... Later het die flessies met wit korrigeeroplossing gekom maar dat is 80s of so. Hulle was taamlik giftig. Toe ek in die industrie gewerk het het die veiligheid hulle mense gemonitor vir blootstelling aan chemikalieë. Die sekretaresse het die grootste blootstelling getoon... (Dankie Typex...)
 
::Snelskrif is 'n ander vaardigheid wat nog minder mense goed beheers het. My suster het dit probeer om te leer en ek het 'n bietjie meegedoen. Dit was soos viool of fluit leer speel. Dit is gebruik om briewe te dikteer. Baas praat, sekretaresse snelskryf, gaan weg om dit uit te werk en uit te tik. Masjientjies om geluid op te neem het bestaan, maar hulle was groot onhandig duur en taamlik sleg.
 
Terloops, die woord "tikmasjien" bestaan reeds in 1936.[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:42, 7 Januarie 2018 (UTC)