Wiktionary:Oorganklik en onoorganklik
'n Hoofwerkwoord kan oorganklik of onoorganklik wees, en soms beide.
Oorganklike werkwoorde
wysigIn die sin het die werkwoord 'n voorwerp (V) of kan deur 'n voorwerp gevolg word.
Byvoorbeeld:
- Ons eet graag spinasie(V).
- Ek het haar(V) by die skool gesien.
Onoorganklike werkwoorde
wysigDié werkwoorde kry nooit 'n direkte voorwerp nie.
Byvoorbeeld:
- Ons eet graag.
- Sy gesels aanmekaar.