Afrikaans (af)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(sterrekunde) Die eienaam van 'n versameling van sterrestelsels wat onderling met mekaar deur middel van swaartekrag gebind is en wat daarom by mekaar in die ruimte vertoef - hoewel elkeen in 'n eie wentelbaan beweeg. Die versameling is versprei in 'n driedimensionele ruimte wat oor 'n afstand van ongeveer tienmiljoen ligjaar strek. Daar is ongeveer vyftig sterrestelsels in die versameling waarvan ons eie Melkwegstelsel en die Andromeda-sterrestelsel die grootste twee is.

     Voorbeeldsinne

Die Plaaslike Groep is maar een só 'n groep, en daar is talle ander soortgelyke groepe.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: Local Group(en)