Wiktionary:Lidwoord

Wikipedia het 'n artikel oor:
Wikipedia

Die lidwoord is 'n woordsoort wat saam met 'n selfstandige naamwoord gebruik word.

Soorte lidwoorde wysig

Bepaalde lidwoord wysig

Die bepaalde lidwoord dui iets spesifiek aan.

  • Die kind speel in die tuin.
  • Die potlood is myne.

Hier is "die" 'n bepaalde lidwoord, omdat dit na 'n bepaalde kind in 'n bepaalde tuin verwys.

Onbepaalde lidwoord wysig

Die onbepaalde lidwoord dui nie iets spesifiek aan nie.

  • ’n Man werk in ’n land.
  • ’n Klip het my kop getref.

Hier is "’n" 'n onbepaalde lidwoord, want daar word nie verwys na 'n spesifieke man, klip of land nie.

Argaiese en verouderde vorme wysig

  • 'n Kind des doods.
  • 'n Saak in der minne skik.
  • Wat de duiwel.
  • Ter elfder ure.