Wiktionary:Voegwoord

'n Voegwoord is 'n woord wat verskeie sinne of dele daarvan bymekaar voeg.

Daar kan twee hoofgroepe onderskei word: die neweskikkende en onderskikkende voegwoorde.

Neweskikkende voegwoorde wysig

Neweskikkende voegwoorde soos en, maar en want voeg sinne saam wat gelykwaardig is. In Afrikaans (asook Duits of Nederlands) is die woordvolgorde dieselfde in die twee sinne:

Hy het 'n kar gekoop en hy het huis toe gegaan

Onderskikkende voegwoorde wysig

Onderskikkende voegwoorde soos omdat, hoewel voeg 'n hoofsin saam met 'n bysin. In Afrikaans (asook Duits of Nederlands) verander die woordvolgorde in die bysin:

Hy het 'n kar gekoop hoewel hy nie huis toe gegaan het nie.

In ander tale soos Engels of Frans bly die woordvolgorde dieselfde:

He bought a car but he did not go home
He bought a car though he did not go home

  Meer inligting wysig

Sien Wikipedia vir meer inligting oor Voegwoord.