Wiktionary:Voornaamwoord

'n Voornaamwoord is 'n gespesialiseerde naamwoord wat 'n ander naamwoord verteenwoordig.

Vergelyk byvoorbeeld:

Ek sien die man.
Ek sien hom.

Die woord hom is 'n (persoonlike) voornaamwoord wat die man verteenwoordig.

Voornaamwoorde kan selfstandig asook byvoeglik wees. Daar is verskeie groepe.

Persoonlike voornaamwoorde soos ek of hulle
Besitlike voornaamwoorde soos my of myne
Betreklike voornaamwoorde soos welke of wat
Aanwysende voornaamwoorde soos hierdie
Onbepaalde voornaamwoorde soos iemand
Vraende voornaamwoorde soos wie?