Bespreking:befok

Jongste opmerking: 6 jaar gelede deur Jcwf

Is dit nou regtig nodig?

Ek sou sê ja.
En dis nie uit pueriliteit nie. Ten eerste kan ons nie misken dat hierdie woord geuiter word nie - dit bestaan reeds in sy werkwoord-, tussenwerpsel-, bywoord- en byvoeglike naamwoordvorm. Wat klaar sprekend is van taalverarming, hoewel sekere digteresse juis deur die akademici opgehemel word omrede sy in 'n gedig skryf, rakende 'n "karakter" (Lolla), die woorde "haar art was befok, haar gap was groovy." As jy moet weet, dis wat die tweedejaars op universiteit kry. In Afrikaanse letterkunde.
Ten tweede kan sinonieme juis gebruik word vir iemand onder 'n brug in Johannesburg en Kaapstad wat bietjie kultuur moet leer. En slegs befok op die brein het. Suidpunt (kontak) 19:28, 26 Maart 2018 (UTC)Beantwoord
... alle woorde in alle tale... Dus ja, dit is ook taal, maar moet ons dit markeer met 'n waarskuwing of met 'n konteks 'kragterm' of is die taamlik deftige 'pejoratief' genoeg? Jcwf (kontak) 21:32, 26 Maart 2018 (UTC)Beantwoord
Solank julle dit net diskreet hou, anders kan julle maar alleen aan julle walgwoordeboek werk.
En ek dag dan Urbandictionary.com is dié modelwoordeboek... ;) Moenie daar "Simba" intik nie - dit raak 'n smerige gedoente. Toemaar, daar is reeds ander woorde waaroor ek wonder soos Prinzipienreiterei - 'n lekker woord wat Jcwf by Quora.com gebruik het. Ek is seker een van sy grootste "fangirls", want daar gaan nie 'n week verby dat ek nié sy antwoorde deurlees nie. Nou Trumpelmann het daardie woord in 1983 rond vertaal met "beginselruitery", maar daardie woord is vanselfsprekend NIE opgeneem in die WAT nie. Kortom is dit iemand wat vreeslik gesteld is op, of vit/harekloof oor of verkleefd is aan sekere beginsels. Soos ek dit verstaan steek daar ook sommer 'n tikkie trots, hoogmoed, hovaardigheid oor hierdie wettiesheid!!!! A, daar het ek die woord sommer klaar. Suidpunt (kontak) 09:31, 27 Maart 2018 (UTC)Beantwoord
Baie jare gelede was oor hierdie goeters op nl.wikt ook besprekings gewees. Ons het toe 'n sjabloontjie geskep wat mens op nl:klootzak kan bewonder. Jcwf (kontak) 13:21, 27 Maart 2018 (UTC)Beantwoord
Maar daar is ook mense wat dit onjuis vind.
Daai sjabloon help ongelukkig nie veel nie. Ek wil graag kinders en ordentlike mense help en kan my nie met enige subkultuur wat sulke woorde gebruik vereenselwig nie. Jammer.
Ek ook nie, Frank, en ek gebruik daai goeters nie. En ek dra ook hierdie goeters nie by nie. Die probleem is dat indien jy dit wil uitsluit jy ook woorde soos dit moet skrap, want in Nederlands is dit nie veel beter as befok nie. In Nederlands is juis fok 'n respektabele woord. Jcwf (kontak) 15:22, 27 Maart 2018 (UTC)Beantwoord
Terug na "befok"-bladsy.